WhatsApp

Dani Booysen
Hande in die hare. Wat nou met LED spotlights? Ek kom by die padblokkade SWP WVB aan op 24 Desember met my bar LED spotlight. Vriendelike Nampol-lid sê ry maar, meneer. My SA vriende agter my in 'n bakkie met selfde ligte word afgetrek en gedreig dat hulle voertuig van die pad afgehaal gaan word. Wat sê die wet en is dit nou 'n SA vakansiegangers vendetta? Vra maar net, want vriend in Nampol met hoë rang sê ligte moet net nie hoër as 1,4 meter wees nie.



Met verwysing na die 100 miljoen wat Okaukeujo ingebring het. Dit kon dubbel dit wees as die hele kamp beter opgepas, na gekyk en bestuur word. Ons was in Desember daar net vir die dag. Wat het ons teëgekom? Ontstoke toeriste wat nie een telepel kon bekom by ontbyt om hul koffie te roer nie. Die toring is vrek vuil, mure bespuit en die dak val uitmekaar en dit ruik sleg by die ingang.

By die watergat sit daar 'n madame en praat kliphard op haar foon - asof dit nou die plek is om dit te doen. Walvisbaaier het 4 dae daar geboek, daar is nie krag, nie water en boonop geen matras op sy bed in die kamer nie. Nee, vrek. Ek skaam my!



Met verwysing na die voorbladberig "Renosterbloedbad" in Republikein van 27 Desember 2016: Hierdie afskuwelikhede het nie in Namibië voorgekom nie totdat die Sjinese ons land binnegekom het. Die Sjinese moet weg! Die gerug doen die rondte dat hier al bykans 200 000 Sjinese in Namibië is wat reeds Namibiese burgerskap ontvang het. Ek wonder of die gerug waar is. Miskien is dit die moeite werd om die gerug te ondersoek. Die Namibiese regering is besig om op 'n baie gevaarlike pad te beweeg met al hierdie Sjinese in ons land. Sjina is besig om oop en bloot Namibië te koloniseer terwyl ons almal gelate sit en toekyk.



Many years ago the Law Society of Namibia (LSN) established a "Non-Legal Practitioners Committee" (NLPC) to "encourage engagement with regard to assisting paralegals to become regulated . . . to encourage the proper use of paralegals within the legal system." It is now time for the LSN to push the NLPC to reach that goal. Paralegals need to be certified by the LSN. The legal fraternity sponge on paralegals in paying pittance, in most cases. UNAM also needs to offer a degree program in paralegal studies instead of the LLB.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!