WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
By die bekendstelling van die grootste, luukse boot, die Titanic het ''n werknemer van die maatskappy White Star Line die volgende opmerking gemaak: “Nie eens God kan hierdie skip laat sink nie.” Op die Titanic se eerste vaart op 14 April 1912 het die Titanic ''n ysberg getref en het 1 517 passasiers hulle lewens in ysige waters verloor. Niks op hierdie aarde kan staande bly as God nie in beheer is nie. Namibië se opvoedingsboot seil op hierdie pragtige oseaan, maar sonder God. Daagliks sink daar honderde huweliksbootjies, ondernemingsbootjies en talle ander bootjies omdat God nie in beheer is nie. Agbare President en opvoedingsleiers, bring godsdiens terug in ons skole en ons kan verseker wees dat met God in beheer van ons land se opvoedingsboot, ysberge wat mag voorkom, oorwin sal word, want die woord van God sê an hom is die mag gegee om selfs die storms stil te maak. Ons bid vir goddelike insig en wysheid en vertrou dat God weer in beheer van ons opvoedingsboot geplaas word.

?Ek hoop en vertrou dat daar iemand is wat my moontlik kan help. Ek is dringend op soek na ''n sekere Andre Roberto. Sy van is aan ons ongelukkig nie bekend nie. Sy vader, Joseph Cornelius Petersen, het by Rössing Uranium gewerk tussen 1975 en 1980. Hy is ongelukkig in 1981 oorlede. Sy moeder se naam is Martha, maar ons ken ongelukkig ook nie haar van nie. Andre Roberto is vermoedelik gebore tussen 1978 en 1982 in Ondan­gwa. As hyself of iemand wat hom ken my kan kontak, sal ek dit vreeslik waardeer. My nommer is 081 763 8432.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer