WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
"Hoop vir huiskoop" verskyn op die voorblad vandag (gister). Wil net sê dat ek hoop die regering sien watse fout hulle begaan het met die huislenings. Die feit dat as 'n persoon sy eerste bykomende eiendom koop hy dan 20% moes betaal vir 'n deposito en 40%vir die 2de eiendom (sic) en ook die feit dat 'n mens nie meer geld kan leen op jou bestaande huis wat afbetaal is om 'n tweede eiendom te kan koop nie. Nou sukkel die banke om enige lenings te kry, die kopers het verdwyn en die hele ekonomie is in sy duiwel in omdat die besluit van hulle die hele land benadeel het. As hulle hierdie besluite gaan terugtrek dan sal die hele ekonomie weer verander en sal dit weer goed gaan met almal in Namibië.

Tolpaaie: Los tog die bodemlose put en doen eerder iets aan die polisie se "beheerpunte”. Dit lyk verwaarloos en armsalig, veral die punt aan die suidekant. Watter indruk skep dit by toeriste/besoekers???

Dear Home Affairs, you ticketing system is brilliant - when it works! Please get it working as I think the investment was significant enough for you to maintain it.

En dan wil hulle die Rooilyn in die Zambezi wegvat. Dis weens sulke uitbrekings dat die Rooilyn daar is. Beeste word nie in die gebied gespuit nie.

Luitenant-generaal Ndeitunga moet liefs iemand anders kry om sy toesprake te lees. Geen mens op aarde kan verstaan wat die ou sê nie, want hy probeer alles uitskree. As mens na 'n uitsending van die toespraak oor Andries Mouton se nuusprogram luister, dan kan 'n mens min verstaan wat die ou sê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!