Vat ‘n bank transfer tussen Outjo magistraatshof en Otjiwarongo magistraatshof nege werksdae? Of is die 60 km te ver? Of eet julle my kind se geld elke maand? Hoekom moet ek elke maand smeek dat ek sy geld kry? Of wag julle eers tot julle pay om my geld wat julle geëet het terug te sit? Ek is moeg, elke meand dieselfde verskonings. As dit nie stop nie, gaan ek alles in my mag probeer om julle name te post op media. Is daar dalk enige hulp, asb.?” – Rozanne Cloete
Ek stem saam dat die polisiebeampte, mnr. Raymond Boois, ‘n groot aanwins vir die Schlip-gemeenskap is. Ek het al meer as een keer met hom paaie gekruis en ek kan met vrymoedigheid sê ek was baie beïndruk hoe hy die situasie hanteer het. Hy is regtig ‘n aanwins. Hoop die ministerie van veiligheid en sekuriteit waardeer ook sy pogings.
Dame wat kla oor bakkie VS. Hoe kan jy sê ek sal ‘n vrou te lyf gaan? As jy gestop het by die kompleks se hek soos jy moes, sou ek nie amper in die pavement vasgery het nie. Ek kon nie jaag nie, want daar is ‘n "hump" net bo die pad. Ek het uitgeklim om jou te sê as jy te oud is om te ry, moet jy nie. Jy’s ‘n gevaar vir ander mense op die pad. Groete, VS bakkie

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie