WhatsApp 6 Augustus 2020
WhatsApp 6 Augustus 2020

WhatsApp 6 Augustus 2020

Dani Booysen
Psemas medies: Watse nonsens is julle weer mee besig? Los Psemas medies en laat dokters betaal word. Als was reg, nou karring hul alweer om ons lede te dwing in onnodige vereistes. Kry jul huis in orde asb.



Dr. Bernard Haufiku, u is 'n eerbare persoon, hardwerkend en eerlik en in Swapo mag jy nie eerlik, reguit of intelligent wees nie. Baie sterkte met u toekomsplanne.



Lyk vir my die regering sal moet sokkies optrek! Die burgers van Namibië is keelvol vir die korrupsie en diefstal! As hulle 'n oorlog wil vermy beter hulle vinnig plan maak. Mens kan sien die land begin opstaan en rebelleer en dis goed so!



Dr. Obholzer is korrek. Suiker, versteekte suiker en verfynde koolhidrate is die grootste bedreiging van gesondheid. Suiker dryf insulien, wat diabetis dryf, wat vetsug dryf gevolg deur al die metaboliese siektes (tot by kanker).

Suiker is die nuwe nikotien, verslawend en 'n dwelm. Selfs SA het al suikerbelasting ingestel, omrede regerings begin agterkom suiker veroorsaak 'n gesondheidslas nes nikotien.

Hoera vir Banting en die Ketogenic manier van eet. Jy eet hoë vette en min tot geen koolhidrate/suikers. Jy hoef nooit honger te ly. Al jou gesondheidmerkers se tellings verbeter. Jy verloor gewig en het meer energie omrede vette 'n skoon en gehalte brandstof is terwyl suiker 'n vuil swak brandstof is, gou uitbrand en die lyf met inflammasie laat.

“Fat creates satiety, sugar creates cravings.”

Wetenskaplikes noem nou al ­alzheimers diabetis van die brein. – Adriaan Kruger



Pensioen: Ek wil graag weet wat is die moontlikheid om 'n bedrag op my pensioen te onttrek. Die bedrag sal onmiddellik belasbaar wees, wat geld in die staatskas sal plaas met dien verstande dat ek nie my fonds op die bedrag sal skuld nie, ook nie 'n lening by hulle het nie en ook nie die ontvanger van inkomste skuld nie. Kontant sal dus terugvloei in die land weens die feit dat Covid-19 ons almal raak. Kan die owerhede namens die Namibiese burgers dringend aandag gee aan die versoek asb. (Die geld moet al volgende week in ons bankrekeninge reflekteer.) Voordele: CoW sal betaal word, agterstallige huur kan ingehaal word, rekeninge kan betaal word, ordentlike kos kan gekoop word (want ons is op vir kerse aansteek, pap kook en N$2 se petrol ingooi), skuldeisers hoef nie meer 'n mens knaend te pla nie, en die lys gaan aan. Belasting op die bedrae sal ook die staat help om van sy skuldlas ontslae te raak.



For the past 30 years, immediately after independence, our state hospitals are in a deplorable situation, up to today, manned by mostly not so competent and lazy medical staff, not all of them though. Now there is a very convenient excuse today named Covid-19, to cover-up for the usual negligence, don't-care attitude and ineffectiveness at our state health facilities, and therefore all deaths due to lack of resources and negligence at state health facilities will be attributed to the Covid-19 pandemic.



Geagte Republikein, kan daar nie weekliks 'n infografiek geplaas word sodat ons lesers 'n beter oorsig het hoeveel gevalle in watter streek is? Sal baie waardeer word. Groete, Gerda



Cow (City of Windhoek), ek hoop van harte julle kom veroorsaak nie net weer armoede, pyn en lyding met jul sogenaamde "rates and taxes" op Groot-aub nie, soos julle in baie dele van Windhoek gedoen het, waar baie inwoners hul huise verloor het as gevolg van jul duur tariewe. Ons is reeds 'n arm gemeenskap met baie werkloosheid. In elk geval gaan daardie hoë tariewe na die sakke van jul hoëkoppe, en korrupsie is soos 'n nasionale sport by julle en die sentrale regering.



I tend to disagree with the Press Secretary Mr. Alfredo Hengari on the Government's stance ­regarding media freedom. This is a right enshrined in the Namibian Constitution under the Bill of Rights. He must remember that what "you say and what you do" are two different things.

This is the same coercive tactics that the Government is ­practising when it comes to tribalism, they claim they are apparently not tribalist, but yet are practising it in all spheres, viz. appointments and promotions etc.

Leave alone corruption, they are saying they are fighting corruption, but the end result what we are seeing and hearing is something completely different. They are probably fighting to ensure that they alone enjoy corrupt privileges and not someone else.

You will not believe the names being implicated in corruption. So, they must start practising what they are preaching, although it is very late by now. Thirty (30) years is a way too long time to lie to someone, not everybody is a "paid-up fool". – BAB, //Kharas



Munisipaliteit van Otjiwarongo – ná al die gesmeek van die publiek die afgelope 2 jaar is die paaie agter Spar en voor die krokodilplaas nog meer onbegaanbaar. Eers het ons die verskonings gehoor dat dit reën. Nou is dit al amper weer reëntyd en die dongas nog dieper. Ons kan nie meer hier ry nie. Is jul net plein "ignorant"? Is jul onbevoeg om paaie reg te maak of is die koffers leeg? Ek dink die saak kan rêrig 'n slag ­ondersoek word, want ons het 'n verwaarloosde dorp onder jul bestuur gekry.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!