WhatsApp 6 Oktober 2020
WhatsApp 6 Oktober 2020

WhatsApp 6 Oktober 2020

Dani Booysen
Met verwysing na die viskwota-konsert, die sirkus is te groot. Die volgende veiling sal geen kitsoplossing bied vir ons ekonomiese en sosiale probleme nie. Tweedens, wat vir Chilli en ander lande goed werk, beteken nie dieselfde prinsiep sal in Namibië werk nie. My lekevoorstel: kry alle Namibiese bote ter see en aktiveer al ons fabrieke. Dit sal werkloosheid verminder en gevolglik armoede elimineer tot ‘n mate. Dit wat oorbly, kan agbare Kawana en span maar konsert mee hou. Namibiese booteienaars en fabrieke moet voorkeur kry om die ekonomie te stimuleer op die lang termyn.

“Geen simpatie vir ander se hartseer”. Dis tog jammer! Sou een van ons regeringsmense in die situasie kom, wat dan? Ek stem saam, die maatreëls is belaglik. Wat baat ons en wie se bloeddruk styg? – Ouma Em

Mnr. Leon Jooste, ons staatsondernemings word nie mislei en misbruik nie. Hulle is self die misleiers en bedrieërs. Stel asb. hardwerkende en eerlike mense in bestuursposte aan en laat hulle ‘n slag werk vir die miljoene wat hulle onverdiend kry. Hulle is nie alleen skuldig nie – die regering wat hulle 30 jaar toegelaat het om weg te kom met wandade is nog meer skuldig.

Ek stem 100% saam met die SMS uit die koerant van 29 Sep. oor Namibië se belaglike idee oor Namibiërs wat moet kwarantyn met terugkeer. Rêrig? Dan moet hul nog die verpligte kwarantyn self betaal terwyl toeriste tot by hul bestemming kan gaan? Copy tog net RSA se voorwaardes met slegs 'n 72 uur negatiewe toets. Asseblief! Ons is moeg vir "stupidity" – en wat maak 'n diplomaat nou anders as ander mense?

Met verwysing na artikel “Fort val op Otjimbingwe”, 2020-09-17. Kan ek ‘n versoek aan die hoof van die Erfenisraad rig om die publiek in te lig of hulle iets gedoen het en watter projekte en bewaring hulle die laaste 10 jaar by betrokke was.

Mense wat nou steeds die reëls verontagsaam, moet asb. beboet word, want hulle is moedswillig en ongevoelig. Weet nie wat hul wil bewys daardeur nie. Luister op nuus hoe begin 2de vlae van Covid-19 in ander lander… Gewapende roof en inbrake is ook weer erg in Windhoek. Dalk moet die aandklokreël terugkom vir die euwels? Drank en drugs ook weer aan orde van dag en padongelukke begin ook weer toeneem a.g.v. spoed.

Die Fishrot-ouens kan sowaar nie uitstap sonder tronkstraf. Wie beskerm vir wie? Hul moet die geld terugbetaal aan die land. Onthou, al loop ‘n leuen snel, die waarheid haal dit in.

Dankie Republikein vir die vars en puik fokusuitgawe van September 2020. Mariselle se “Sê maar net” van 23 September was ook rêrig om van te lag en huil. Dankie aan Loftie vir sy oulike spotprente. Dit maak ‘n mens se dag.

Is Namibië nie al die land met die hoogste verkragtingssyfer ter wêreld nie?

Ek verstaan nie. Dis altyd oorsese maatskappye en persone wat regte kry om geld te maak. Soos die ystermyn. Ek hoop net daar word goed na die kontrakte gekyk. Namibië kan nie altyd verloor nie. Ons traak blykbaar nie, al gebeur dinge onder ons neuse. Hoekom het ons nie al iets gedoen oor die Chinese wat alle konstruksiewerk kry nie?

President, wat is die rede vir die socalled assigned leiers wat u uitstuur na Hardap Region, vernaam Aranos. Almal was Katrina se mense en het die oudste nonsens kom aangeja, want hulle weet mos hulle is nie van Aranos nie. Dis ook duidlik lat hulle nie vir ons luister nie.

Liewe hemel, is daar 'n bank in Namibië met lae bankkostes? Jy kan net dink aan jou 10 dollar in jou bankrekening dan kom daar kostes by. ‘n Mens versmoor aan bankkostes. Is daar dalk iemand daar buite wat my kan verwys na 'n bank sonder soveel onnodige kostes, asseblief. . .

I am wondering what dubious agenda the Minister of Fisheries & Marine Resources is busy with? What is so difficult for him and his small coterie to publicly announce the names of the new fishing rights holders?

They are instead just talking about 104 new right holders without divulging their names. It’s now two years since 2018. Are we again waiting for the outcome of the upcoming elections?

I am making a clarion call to political parties to kindly nominate educated candidates both for regional and local authority elections. This will reduce the power struggles between councillors and CEOs.

Coming back to the sitting councillors, I don't see the rudimentary logic and rationale for them to wage war against the CRO's and CEO's as outgoing leaders, who only have less than 60 days in office.

My reasoning is, what can you achieve what you could not have accomplished within 5 years?

Does anyone know how to stop MTC from harassing people with TikTok notifications in the early hours of the morning (02:40 this morning again!)? Contacting them regarding this proved to be ineffective. I am not even interested in TikTok.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer