WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Asseblief, minister van home affairs, veral hier in Okahandja. Ons raak rêrig moeg om so lank vir ons ID's te wag. My niggie het laasjaar November vir 'n ID aansoek gedoen en hulle het gesê sy moet net twee maande wag, maar dis nou ses maande en sy het dit nie gekry nie. Hoe lank moet sy wag? Maak 'n plan om ander werkers aan te stel, asseblief. Okahandja se werkers is baie lui. Skaam julle tog!



Kom dat ons almal saamstaan en McLaren-sirkus boikot. Wilde diere hoort in die natuur en nie in 'n tent nie.



Miskien moet Hardapstreek se nuwe direkteur 'n besoek aflê by Rehoboth se skole. Gesels met onderwysers ens. Dan sal sy die waarheid hoor. Die skoolhoofde sit hulle beste voetjies voor wanneer hulle in Mariental vergader.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer