Kan iemand verduidelik hoekom die kerke gesluit word oor die impak van die coronavirus? Is die kerk nie die plek waar ons genesing van die Here ontvang en met Hom in gemeenskap verkeer nie? Ons probleme na Hom toe bring, Hom van ons vrese kom vertel, ook oor die virus. Maar nee, ons is te kleingelowig, ons vertrou nie ons Skepper nie. Ons verraai Hom deur ons kleingelowigheid. Hy is die enigste een wat wonders bo wonders doen, maar nee, ons wil liewer by die huise lê en wag dat daar wonders moet gebeur. Waar's ons geloof, waar's die predikante van die land, waar's julle geloof as Godsmanne en -vroue? Ons glo meer aan die verkeerde dinge in plaas van vertrou op ons lewegewer Jesus Christus wat vir ons aan die kruis gesterf het. Die Zambiese president het 'n gebedsdag aangekondig. Wat maak ons?
Blouwes tradisionele owerheid, wat word van die geld wat julle by Road Contractors Company op Itsawisis ontvang? Daardie geld is veronderstel om in die waterpuntkomitee se rekening te kom. Die gemeenskap soek antwoorde asseblief. Ons is keel van die raad en sy selfaangestelde acting Chief. Raadslede en die goewerneur van die //Kharasstreek ignoreer die gemeenskap se pleidooie.
Na aanleiding van 'n berig in Republikein onder die opskrif "So lyk pandemie se wiskundesom" wonder ek net of die krematorium al die lyke kan hanteer. Is hy in 'n werkende toestand? Besmette lyke kan vir seker nie oor die grens na SA gaan nie. Wat gaan gebeur? Van Wonder maar net.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie