WhatsApp 7 September 2020
WhatsApp 7 September 2020

WhatsApp 7 September 2020

Dani Booysen
'n Leser skryf Vrydag dat die gasvryheid en vriendelikheid van Namibiërs al lankal verval het en dat Republikein se voorbladberig oor die hulp aan die vragmotorbestuurder skokkend is. Vriendelikheid en gasvryheid is 'n diepgesete waarde in Namibië. Kom ons hou die waarde lewendig, deur nog vele van hierdie positiewe berigte. Lank lewe die sogenaamde "normaal" in Namibië.



Ek wil weet van die inspekteur van Okahandja-skole hoekom moet skole op verskillende tye uitkom? Wat gaan daar aan? Moet daar nie eenvormigheid wees tussen die skole as dit by skoolure kom nie? – Bekommerd ouers



Die onderste foto op bladsy 3 van die huldeblyk aan Dirk Mudge (Republikein 1 September 2020) het 'n fout in die onderskrif. Die persone in die foto word aangegee as Sam Nujoma, Kenneth Kaunda, Dirk Mudge en Martti Ahtisaari. Dit is nie korrek nie. Die persoon aan die regterkant op die foto is nie Martti Ahtisaari nie maar dr. Willie van Niekerk, die destydse Administrateur-Generaal (1983 tot 1985) van Suidwes-Afrika. (Dankie. Ander lesers het ons reeds dieselfde dag op die flater gewys, wat dadelik in die digitale weergawe reggestel is. Ons betreur die fout. – Redakteur)



Ek is 'n senior burger en wonder wat het toe van die N$50 verhoging geword. Kry ons dit nog of kry ons dit nie meer nie? Dalk moet hulle die persone wat in die kabinet is se salarisse ook 'n bietjie minder maak. Dat hulle ook kan voel hoe dit is om met so min geld deur te kom elke maand. – T L R

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!