Ja. So gaan die helde daarmee heen. Meatco Oshakati is dood, Okahandja Meatco het ook gesink, en Windhoek Meatco is besig om te groet. So val al die helde.
Liewe pensioenaris van P/park, skaam jou vir jou selfsugtige gebruik van water. Jy lewe vir jou tuin en die mens het water nodig om te lewe. Ek is ook in P/park, het 4 mense in my drieslaapkamerhuis en 'n bietjie tuin en my water is sowat 20 kl per maand. Pensioenaris, jy moet die brieke aandraai. Luister nuus en lees koerant. Water is skaars!
Namibian Police van Mariental, hulle doen nie hulle werk nie. Gisteraand het ek 'n “complain” gehad, maar hulle het net op hulle se selfone gebly. Hoe werk die storie? Terwyl ek daar sit het 'n man en vrou gekom, maar hulle het net gesê nee, ons help julle nie. Wag tot die oggend. Van 10 uur tot 6 uur die oggend het ons gesit.
Goeie dag aan al die gewese SWATF/Koevoet-soldate. Daar is beplan om 'n optog te hou. Dit sal vir 7 dae aaneenlopend wees sonder geweld. Ek groet al die manne, vrouens en hul kinders, weduwees en wewenaars. Die omstandighede het veroorsak dat ons gedompel is in armoede, daar word gediskrimineer teen ons deur die Swapo-Regering. Vir die afgelope 28 jaar weier hulle om na ons behoeftes om te sien en wil niks aan ons gee nie. Die 36 miljoen wat aan ons gegee is, het hulle ook gevat sonder om ons te raadpleeg. Ons nooi al die manne en vrouens met hulle kinders om deel te neem aan die optog. Dit sal 'n vreedsame optog wees. Die optog is beplan vanaf 13/08/2018 tot 18/08/2018 met 'n publieke vergadering op die 18de. So soldate, laat ons saamstaan. Moet nie jou maatjie agterlos nie. As voormalige soldate sê ons genoeg is genoeg. Elke distrik moet te minste 500 lede stuur na Windhoek. Die wat nie kan kom nie, stuur 'n donasie sodat ons die wat kom, kan voedsel gee. Rig enige navrae aan sekretaris me. Agnes by 081 212 6745. Baie dankie. – Namvet-leier Jabulani Ndeunjema

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie