WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Wat gaan in die land van ons? As die mense so grond gryp, dink hulle seker dis sommer 'n stukkie aarde wat daar lê wat nie gebruik word nie. Hulle weet nie wat aangaan nie. In die proses dwing hulle die regering en die munisipaliteit om die grond te diens en die water en elektrisiteit te voorsien of daar geld is of nie. En wie moet betaal vir diens van grond en voorsiening van water en elektrisiteit? Hulle dink as hulle grond gryp is die volgende wat gebeur 'n gedienste­ erf met 'n huis op. Wat van die waterprobleem wat ons het en mee sal sit? Kry 'n mens dan nou regtig grond so verniet? As dit so is, kan enige burger van Namibië, maak nie saak watter ras of kleur, mos grond gryp. Later sit die hele Namibië se bevolking hier in Windhoek en omgewing. Die staat en die munisipaliteit kan dit nie toelaat nie.



Die skoenlapper in Vrydag se Republikein is 'n Argema Elucitata. Hulle kom in die noordooste van Namibië voor tussen Tsumeb, Kunene en Okavango, waar Tambotibome groei. Die wurm spin 'n papie uit sy, wat teen 'n tak vas is. Daaruit kom dan die skoenlapper. Mens kry manlike en vroulike skoenlappers. Groete. - Anneliese

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!