WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Wil met mnr. Venaani saamstem. Hoekom straf jy ‘n mede-Namibiër so? Dis hoe ek voel. Hoekom moet ons wat bevoorregte, begenadigdes is wat voorspoed ervaar en onsself Christene noem ons mense so verneder wanneer jy in die baasposisie is. Jy werk hele maand en kom betaaltyd: vat eers so. Terwyl ek help sorg het dat jy en jou bankrekening goed lyk in die elites se oë. Skande. Onthou, God slaap nie vir ongeregtigheid nie. Die wiel draai stadig, maar seker. Ons het ook gesinne wat moet versorg word. Gaan maar aan, buit maar nou ons verleentheid uit vir julle gewin.

Ek kan nie glo dat die Chinese die konstruksie moet oorneem en ons Namibiërs moet hul maatskappye toemaak en alles verloor. Wat dink die regering?

Dames van Rhb, kan ons nie ‘n petisie optrek wat onderhoudsake aanbetref nie en dit self by die Ombudskantoor in Whk gaan los nie? Jy as ma doen ver meer as die bedrag van onderhoud wat gevra word. By van die sake het prokureurs al betrokke geraak, maar sake kom nêrens. Van die mans kan niks aangedoen word nie. Ek salueer pa's wat rêrig hul pligte nakom, maar dan kry jy die wat sy kinders afstry, maar ‘n ander vrou se kinders onderhou plus die vrou ook. Mev Rina Horn plus meneer Walters kan net so vir ‘n jaar by Rhb se kantore gesit word. Jy vat jaar in en uit jou verlof, maar kom nêrens. Wie sal nie moedeloos raak nie?

Kommentaar

Republikein 2025-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer