Ek verwys na die skrywe van die persoon in 6 Mei 2019 se koerant i.v.m. sirkusdiere wat op pad is. Jy is seker ‘n ondersteuner van die Mclaren-sirkus. Dit lyk my jy het ook misplaaste heimwee na jou verlede, toe jy as kind na groot, wilde diere in klein hokkies kon gaan kyk. Wilde diere in klein hokkies, wat duisende kilometers aflê vir die mens se plesier, is mishandeling. Uit en gedaan. Kyk jy na die welstand van die visse en ons sal kyk na die diere. Ons aktiviste kan nie alles alleen doen nie. Alle diereliefhebbers moet saamstaan.
Sal die hoof van die weermag en ons minister van finansies vir ons gewone plebs verduidelik hoe die duur jagplase ons veiligheid gaan verbeter?
Sal die hoof van die weermag en ons minister van finansies vir ons gewone plebs verduidelik hoe die duur jagplase ons veiligheid gaan verbeter?
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie