WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Die klagskrif teen mangaan sal uitvoere benadeel vir die //Kharasstreek en Namport. Walvis-hawe het derduisende tonne mangaanerts uitgevoer met Namport wat geldige klaringsertifikate gehad het. Namport doen altyd sy huiswerk reg en nou staan die mense van Luderitz dwars en verhinder uitvoere wat ‘n inkomste vir die land kan wees. Walvisbaai se mense het vrede met uitvoere wat ‘n inkomste vir die land genereer. Hoekom kla hulle ook nie oor die ander gevaarlike goedere soos brandstof en suur nie. – Mogamat Salie Saban.

Wildeperde se vullens het GEEN kans op oorlewing nie. Hulle is onbeskerm en daar is te veel roofdiere! Deur wie en wanneer sal die hiënas kastig gevang word? Die Namib is ‘n wye wêreld en wie weet hoeveel hiënas is daar? Om te praat en om te doen is verskillende dinge.

Volgens 'n amptenaar by ons streekkantoor het hulle nie 'n probleem daarmee om afgetrede onderwysers in onderwysposte aan te stel nie. Die kap agter die byl is glo die kantoor van die permanente sekretaris (uitvoerende direkteur) van onderwys wat die bekragtiging van dié benoemdes deur die skoolraad tot groot frustrasie van skoolhoofde onnodig vertraag. Dit veroorsaak eventueel 'n vertraging in die betaling van salarisse van dié onderwysers waarvoor nòg die streekkantoor, nòg die skool verantwoordelikheid wil aanvaar. – Gefrustreerde skoolraadvoorsitter

Air Namibia (AN) brei vlugte uit: wanneer gaan AN vlugte instel na Keetmanshoop-lughawe? Hul behoort na die roete te kyk. Die goewerneur en haar top amptenare moet dit verder voer.

Ek stem saam mt die skrywer wat op Vrydag 1 Feb. 2019 geskryf het oor die onderwysers wat aangestel word terwyl hulle nog nie klaar geleer het nie. Hulle is unqualified. Dan moet hulle graad R gee. Hulle het geen idee wat hulle doen. Hoe sal hulle weet om van dag een af ons kinders se fondasie reg te lê. Ons kinders is vir ewig verlore, hulle hele skoolloopbaan daarmee heen en dan boonop moet die Government nog hulle studies (bursaries) staan en betaal terwyl hulle skool hou en ‘n salaris verdien. Dis hoekom ons land so bankrot is. Dubble uitgawes.

Ek is baie hartseer en skaam as die manne die vroue soos diere doodskiet en lyk dat hul nie skuldig is nie O, God Se liefde is so groot en sy genade ook, maar wanneer God sê genoeg en sy voet neertrap, sal dit donker wees en te laat vir vergifnis en genade. Manne, wees gewaarsku en hoor asb. God is stil, maar Hy sal jul straf vir ewig en ewig en Amen - Pastoor Albert Aib van Outjo, 0813080688

Khomasdal-kliniek 30/01/2019, swak diens (swangerskapafdeling). Die suster wat daar gewerk het tussen 9uur en 11uur, daar is mense wat werk soek. As jy nie wil werk, gaan huis toe of los jou huis se probleme by huis asb. Jy is ‘n groot vrou.

Onpadvaardige motorfietse word sonder bestuurslisensies in die woonbuurte van Okahandja rondgery. Julle sien, of gaan dit om familie en vriende?

Grootfontein verkeersnuus: verkeersreëls blykbaar deel van 'n vergange era. Vierrigtingstop totaal oorbodig. Stop voor hekke baie aanvaarbaar

Kommentaar

Republikein 2025-04-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer