Medies is ‘n moeilike, veeleisende kursus wat beslis nie vir enige aspirant student beskore is nie. Sodra keuringstandaarde verlaag word ter wille van “voorheen benadeelde” studente in plaas van streng akademiese vereistes, sal die resultate natuurlik lyk soos wat nou die geval is. Waarom dan so verbaas? Kry asseblief eers jul keuringstandaarde/-vereistes reg, dan sal dit in die eindresultate reflekteer en sal bekwame dokters gelewer kan word.
Word wakker, Namibië. Graag wil ek by die hoofartikel “Hoe naby gaap die afgrond?” (13 Februarie) aansluit: Ons is nie meer naby die afgrond nie. Ons is reeds in die gat. Skole sonder water en krag, kookpotte buite werking en kan dus nie vir koshuiskinders kook nie. 2de maand van eerste skoolkwartaal amper om en nog steeds geen skoolboeke bestel nie. Kinders word in vullishouers gegooi en verbrand óf babas word op ashope dood gevind. Geldnood in Namibiese regsbank. Werkloosheid. Vroue trou met uitlanders. Korrupsie in die ergste graad. Droogte kry vir alles skuld. So kan ek voortgaan. Daar is 'n oplossing: ons moet ons voor God verootmoedig en die verstand gebruik wat Hy ons gegee het. Kom Namibië, kom ons staan saam en verseker ons kinders van 'n beter toekoms. Met God aan ons sy loop ons 'n bende storm.
Baie dankie aan my mede-Namibiërs wat my gebel en aangemoedig het om ‘n heupvervanging te ondergaan. Ek het uit verskillende plekke en van verskillende mense raad gekry. Dit is verblydend om te sien hoe mense vir mekaar omgee. Lief julle almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie