WhatsApp 9 Junie 2021
WhatsApp 9 Junie 2021

WhatsApp 9 Junie 2021

“… natgespuit met die tuinslang …”
Dani Booysen
Die onderwyser wat hom/haar nie “sal” laat vaksineer teen Covid nie. Jy glo dan seker ook nie om jou of jou kinders te laat inent teen breinvliesontsteking, masels, pokke of tuberkulose ens. Nie? Ek glo God stel wetenskaplikes in staat om entstowwe te ontwikkel om daarmee lewens te red. Jy het duidelik geen idee van hoe dit in die Covid-ICU gaan nie.

Kan ons regering asb. net wakker skrik en vir ons ook Pfizer en Johnson & Johnson aankoop. Dan sal ons mediese personeel nie kan voorbly om ons te spuit nie. Die spuite is uiters doeltreffend met minimale newe-effekte. Lees al die mediese joernale, sodat julle ingelig kom. Ons stel nie belang in China se spuite nie. AstraZeneca is ook nie geskik vir almal nie. Pfizer word nou oorsee ook baie suksesvol vir kinders gegee. Dit is al hoe ons sukses sal bereik.

Geagte Hannelie Botha (Lady Pohamba) en Esmé Botes (Rhino Park), julle het ook 9 weke gehad om julle gesondheidswerkers te laat inent. Die statistieke wys dat die meeste Covid voorkom onder gesondheidswerkers, onderwysers en kinders. Julle personeel dra dit oor aan die pasiënte. Julle het ook al langer as ‘n jaar gehad om meer plek gereed te kry in die hospitale. Genoeg suurstof ens. Oefen druk uit op die mediese raad om Pfizer en Johnson & Johnson aan te koop, dan sal julle sien hoe vinnig ons mense hulle laat spuit. Hou ‘n kompetisie tussen die hospitale om te sien wie se personeel word die meeste gespuit.

Ek lees vanoggend (Dinsdag) julle koerant en veral die bylaag oor beroep se afdeling oor "Medical jobs" en vind dit uiters swak dat nêrens in die bylaag iets genoem word van die beroep van die apteker. Hy is ‘n integrale deel van die mediese beroep. Stel asb reg. - Johan Badenhorst, apteker, Victoria Apteek

Middag my eie mense, ons wat in Groot-Aub plek kry, het baie probleme met vervoer. Kan nie meer daai 1 000 tot 1 200 dollars betaal nie. Lat City of Windhoek opstaan vir Groot-Aub vir die gemeenskap en mense. Ons soek ‘n bus van die stad of ‘n groot vergadering met ons van Aub. En ons cancelor van Groot-Aub, sit saam met ons.

Ek verstaan glad nie die poliese in Karasburg. Ons lewe in angs, baie van ons is kranke en word soos diere behandel by die aanklagkantoor. Van ons klagtes word niks. Na 10 beweeg voertuie op straat tot middernag, maar ons te voet word gelaai en daarby word jy natgespuit met die tuinslang en agterna geslaan terwyl daai selle offesiere geniet na 10 op straat. Asb., help tog die hoogste gesag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!