WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Alle motorvoertuigeienaars en -bestuurders, neem kennis dat daar geen wetgewing is vir die "klamp van wiele" in Namibië nie. Dit was reeds bevestig deur die prokureur-generaal in 1989. Na 'n paar voorvalle, korrespondensie en navrae oor "wheel clamping" op privaat parkeerareas is dit deur die kantoor van die "Prosecutor General" bevestig dat hulle nie bewus is "of any directives regarding the legality or not, of wheel clamping on private property" nie. In terme van die Padverkeerswet (RTTA 22/1999) is enige oop parkeerarea waartoe die publiek vrye toegang het 'n "publieke pad / straat" en moet die parkeerarea se padmerke en padtekens voldoen aan die RTTA se vereistes en voorskrifte. Indien 'n "privaat parkeerarea" met 'n hek of "boom" beheer word, en die publiek toegang geweier kan word, verander die omstandighede oor padtekens en padmerke, maar nog steeds is daar nie wetgewing vir "wielklampe" nie. Indien u voertuig op 'n parkeerarea geklamp word, gaan lê 'n "fomele klagte" by u naaste polisiestasie vir "kwaadwillige saakbeskadiging". Daar word nou vir die eerste maal in Namibië regulasies geskryf as deel van die hersiening van die munisipale regulasies in Windhoek. Indien dit goedgekeur en afgekondig word, sal slegs 'n verkeersbeampte of stadspolisie-beampte "wheel clamping" mag doen, slegs onder omstandige soos voorgeskryf sal word in die wet. Twee vrae aan die sekuriteitseenhede wat wiele klamp: 1) Wie betaal die skade aan my voertuig wat deur die klamp veroorsaak kan word? 2) Indien die eienaar van die voertuig die klamp afknip met 'n "bold-cutter", wat gaan jy / julle doen? Die persoon aankla van kwaadwillige saakbeskadiging? Ek vra maar net.

Hopefully the Chinese in Namibia will read this. As born Namibians we are very, very disturbed and unhappy about the wildlife poaching incidents in which Chinese citizens are implicated or directly involved in. Why are there so many Chinese citizens in our country??? The Chinese in Nam are observed as being unfriendly and misusing our people to do their dirty work. Please STOP to misuse our hospitality by destroying our unique wildlife.

Ek stem saam met die SMS van Donderdag. Boerdery kos werk! Maar op die staatsplase lyk dit anders. Drade lê plat, waterpype tot niet, te veel beeste vir kampe. Om te boer, beteken nie om ‘n bees te besit en dan gebeur als vanself nie. Om te boer, beteken om na jou diere plus jou grond om te sien.

Graag wil ek my hoed afhaal vir die St. Mary's hospitaal se personeel, die polisie en die ambulansdiens van Rehoboth wat toe ons in 'n ongeluk betrokke was 15 km buite Rehoboth ons baie liefdevol en met gevoel behandel het. U verdien krediet vir die puik dienste. Die tow-in personeel is glad nie uitgesluit nie. God seën u.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!