WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Sedert die ontstaan van OPO het ek geen ander politieke tuiste geken as Swapo nie. Vandag kan ek my kop in skaamte laat sak en nie soos vele oningeligte en emosionele stemvee hul koppe soos volstruise in die sand steek nie. My nuwejaarswens is dat die regering dit, ter wille van integriteit en deursigtigheid, ernstig sal oorweeg om 'n soort Zondo-kommissie op die been te bring om die skaamtelose verrotting in ons land aan die kaak te stel. Ek sal myself, om mee te begin, as getuie beskikbaar stel om die grondgrype en viskwota-etery deur voormalige hoëkop-amptenare, hul gebroeders en dorpsraadslede op Rehoboth met vers en kapittel te ontboesem. Ek skaam my om op skrif te sien hoe hierdie korruptes erwe wat hulle gratis gekry het vir honderde duisende wil verkwansel. Die uwe, Stiefkind van Harambee



“Fishcor CEO suspended” = ek hoop net sy suspension is nie met volle salaris nie. Dit sal 'n volgende skandaal wees. – Hester

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer