Re die voorgestelde heffing van tolgelde op van Namibië se paaie. Ek is oortuig dat so 'n aksie ondersteun sal word deur wetsgehoorsame padgebruikers onderhewig aan sekere voorwaardes:
1) Dat daar absolute versekering van regeringskant is dat die ge-inde tolgeld vir GEEN ander doel as die instandhouding en verbetering van die padnetwerk aangewend sal word nie.
2) Dat ALLE geld wat sedert 1990 uit die staatskas gesteel, verduister, verdwyn het en deur korrupte praktyke verlore geraak het, opgespoor en terug in die staatskas betaal word.
3) Dat die toekenning van ALLE tenders m.b.t. die oprigtng en bestuur van die totale stelsel onafhanklik en deursigtig ge-oudit word.
Anders finansier die alreeds oorbelaste, wettige padverbruiker maar net weereens regeringskorrupsie. As al die geld in welke vorm ookal, wat sedert 1990 uit die staatskas geplunder was, steeds beskikbaar was, sou dit vir seker nie nodig gewees het vir so 'n drastiese en desperate poging van regeringskant af nie. Dieselfde geld ook vir die 2% salarisbydrae-kwessie.
Desperate katte maak desperate spronge! – Johan Gous, Windhoek
VERKEERSBEAMPTES: Munisipaliteit Swakopmund, NamPol verkeer, Erongo, is dit dubbele standaarde of 'n vorm van diskriminasie?
NamPol, julle hou voorstaandienste, kla mense aan vir “ligte nie in werkende toestand” gehou nie, ryligte, rigtingwysers, stopligte, bande nie genoeg ryvlak op nie ensovoorts. Julle haal gestampte karre van die pad af, terwyl julle voertuie se bande nie aan die vereistes voldoen nie. Julle voertuie se ligte is voor of agter dood, polisievoertuie het nie registrasieplate op nie, 80% van julle voertuie het stampe op, praat nie eers van die uitmekaar val van roes nie.
Dan word die publiek aangekla vir 3 persone voor in 'n single cab-bakkie, nie genoeg sitplekruimte nie, gebruik van sitplekgordels, praat op selfone, maar munisipale werkers mag maar. Ek verwys nie na die verkeersbeamptes wat deur die wet vrygestel word nie.
Ek dink dis tyd dat julle hand diep in eie boesem steek en voor julle eie deure vee.
Vir omtrent vyf tot ses dae vanaf die dag dat pensioenarisse en begunstigdes hul staatstoelae by die poskantoor op Rehoboth kan afhaal, is daar geen manier waarop die res van die publiek op hierdie dae geholpe kan raak met ander, algemene poskantoorfunksies nie. Alle toonbankstasies – die ontvangsaal uiteraard – word eenvoudig deur 'n horde klante tot barstens toe beset.
Al wou jy maar net 'n posseël koop, skree jou frustrasie ten hemele as jy gedwing word om deel te word van 'n massa sonder 'n identifiseerbare ry waarby jy veronderstel is om in te val. Jy gooi dan maar handdoek in en hoop dat die volgende dag jou meer goedgesind sal wees.
Mnr./me. die posmeester, waarom nie ten minste een diensstasie reserveer vir diegene wat slegs algemene sake wil doen nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie