Geagte burgemeester Gaudentia Krohne, hoof uitvoerende beampte Desmond Basson en bestuur van Keetmanshoop munisipaliteit, ons het al male sonder tal probeer uitvind wat die prosedure is om vir ’n erf aansoek te doen, maar loop teen ’n muur vas. Die eiendomskantoor (“property office”) en die publieke segspersoon weet nie wat die prosedure is nie. Ons verneem julle het nie standaard aansoekvorms nie. Dié skrywe is sodat jul ons, die gemeenskap, kan inlig omtrent die prosedure, asseblief. ’n Antwoord in die koerant word byvoorbaat waardeer.
Outjo munisipaliteit, kan julle asseblief die potholes in die strate regmaak. Ons motors se bande kry baie seer.
In Windhoek is talle motorbestuurskole. Is daar enige bestuurskole om motorfietslesse te kry?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie