WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
“Té min kundigheid kortwiek ekonomie”: Die issue is werksetiek, nie kundigheid . . .

Baie dankie NamRights dat jul opgestaan het teen die Olufuko! Ek het seker al 10 jaar gelede 'n brief aan CoW geskryf oor die kaal vrouens wat so in die stad rond beweeg. Natuurlik geen reaksie gekry. Ek as vrou voel vernederd en dan is daar nog dubbel standaarde ook. Ek mag nie nakend in die straat loop nie of ek word vir onwelvoeglikheid gearresteer, maar hier word kultuur as verskoning gebruik. Meisies word geleer om smaakvol te klee om verkragting te voorkom, maar hier speel dit nie 'n rol. Verstaan ek die berig nou reg? Die regering keur dit goed? - RB van Whk

In huidige ekonomiese toestande vat City of Windhoek steeds maande om boupermitte uit te reik. Komaan, mens kan nie so sukkel nie!

Deel graag die goeie nuus met die lesers. Het skitterende en vriendelike diens ontvang van die Stad Windhoek se mnr. Immanuel by bouplanne. Dankbaar en hou so aan.

Elektrisiteit slaan af elke aand rondom 7uur hier in Groot Aub, Oshakati-woonbuurt. Dis nou 4 maande, maar NamPower kry nie die fout wat dit veroorsaak nie. Dis net te erg.

Ry die SSC en Labour se mense nie rond in Dordabis-omgewing nie? Hier op die plase sit werkers agter 2 geslote hekke. Kyk rond. Mag nie drade oorklim nie. Help.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!