WhatsApp-baas kan US$1 mjd. verloor as hy nou loop
Dit kan Jan Koum (42), medestigter van WhatsApp, duur te staan kom om Facebook Inc te verlaat.
Facebook het die boodskapdiens in 2014 teen US$22 miljard gekoop en Koum het 24,9 miljoen aandele in Facebook bekom. Dié aandele is egter onderhewig aan beperkings en is sedertdien in inkremente aan hom oorgedra met die laaste 5,8 miljoen aandele wat in drie paaiemente vanjaar oorgedra moet word. Die voorwaarde is egter dat hy steeds by die maatskappy moet werk.
As Koum nou loop, verbeur hy die reg op aandele ter waarde van nagenoeg US$1 miljard, tensy sy bedanking onwillekeurig is of daar 'n goeie rede daarvoor is, volgens regulatoriese dokumente. Koum het Maandagmiddag in 'n inskrywing op Facebook bevestig hy gaan die maatskappy verlaat. Hy gaan 5,8 miljoen aandele verloor as hy voor 15 Mei die maatskappy verlaat tensy hy 'n goeie rede het.
Facebook wou nie kommentaar lewer oor wanneer hy die maatskappy verlaat nie.
The Washington Post het vroeër berig Koum loop weens verskille oor strategie. Brian Acton, die ander medestigter van WhatsApp, het Facebook ook onlangs verlaat.
Koum sal Facebook waarskynlik nie met 'n swaar hart verlaat nie omdat hy reeds 'n fortuin van US$10,4 miljard opgebou het, toon Bloomberg se miljardêrsindeks.
Hy het sedert 2015 reeds US$8 miljard se aandele in Facebook verkoop.
“Dit is tyd om aan te beweeg,” sê Koum in sy brief op Facebook.
“Ek gaan 'n bietjie tyd afneem om dinge te doen wat ek geniet.”
Hy sê dit sluit in om skaars Porsches te versamel en frisbee te speel.– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie