WhatsApp-stokvel steeds in BoN se visier
In dié stadium mag Namibiërs hulle nog verbind tot sosialemediagroepe wat ’n deposito van N$200 vereis en ’n betaling van N$1 200 belowe.
Denver Kisting – Die sentrale bank, Bank of Namibia (BoN), hou tans die N$200-stokvel fyn dop wat veral op WhatsApp die ronde doen.
So sê BoN by monde van sy adjunkdirekteur vir korporatiewe kommunikasie, mnr. Kazembire Zemburuka.
Volgens die woordvoerder probeer die sentrale bank tans vasstel of die bedryf van dié stokvel toelaatbaar is onder die Wet op Bankinstellings soos gewysig.
“Terwyl die ondersoeke aan die gang is, maan die bank opnuut lede van die publiek om versigtig en waaksaam te wees dat enige finansiële skema wat op die werwing van of adverteer vir deposito’s of die werwing van lede en/of die betaling van aansluitingsfooie steun, ’n onwettige skema mag wees wat daarop gemik is om die publiek te mislei om hulle van hul geld te skei.”
Derhalwe, sê Zemburuka, moet die publiek daarteen waak om sulke skemas te bemark of daaraan deel te neem.
Mense wat kragte saamspan om geld te spaar, word nie beskou dat hulle onwettig as ’n bank handel dryf nie, mits hul ledetal nie 20 mense oorskry nie of die bedrag wat per lid verlang word, nie in totaal meer as N$500 000 is nie, sê die woordvoerder.
’n Stokvel is in die algemeen nie onwettig nie, maar ’n skema om blitsvinnig ryk te word, is wel, waarsku hy. “Tradisioneel is ’n stokvel soos ’n klub waarvolgens ’n groep vriende of mense met ’n gemeenskaplike doelwit en informeel besluit om hul geld saam te gooi ten bate van alle lede van die klub. Dikwels sal lede na ’n bank toe gaan en ’n rekening open of die geld vir kruideniersware gebruik of dit net versamel en (aan die einde van) elke maand onttrek.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie