Whirlpool onttrek aan Suid-Afrika
Petrus Malherbe - Whirlpool, die Amerikaanse vervaardiger van yskaste, oonde, wasmasjiene en dies meer, gaan hom aan Suid-Afrika onttrek. Luidens Business Insider het Whirlpool Dinsdag bevestig hy het sy plaaslike bedrywighede sowat ’n maand gelede verkoop. Dit is onbekend wie die maatskappy se bedrywighede in Suid-Afrika gaan oorneem. Volgens ’n woordvoerder bestaan die kopers uit ’n “groep voormalige beamptes” van Whirlpool wat “geesdriftig is oor die handelsmerk, die land en om huistoestelle aan Suid-Afrikaanse families te verskaf”.
Die maatskappy het wel bevestig dat dié geheimsinnige koper, of kopers, ook verantwoordelikheid sal neem vir enige waarborge wat steeds geld vir bestaande Whirlpool-produkte. Dit is eweneens onbekend of die Whirlpool-naam behoue gaan bly. Whirlpool vervaardig plaaslik toerusting onder veskeie handelsname, waaronder KIC. In sy jongste beskikbare resultate vir die tweede kwartaal, wat Maandag uitgereik is, sê Whirlpool hy skryf $35 miljoen in bates af ná die verkoop van sy Suid-Afrikaanse belang. Daarbenewens moes die maatskappy $33 miljoen inboet vir “kumulatiewe wisselkoersaanpassings”. Whirlpool is verlede jaar deur die Suid-Afrikaanse handelsdepartement geloof vir sy belegging van R100 miljoen in ’n nuwe fabriek in KwaZulu-Natal.
Rob Davies, eertydse minister van handel en nywerheid, het die belegging destyds as ’n teken van Whirlpool se volgehoue “toewyding aan die land en streek” beskryf. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie