Whisky en skater
Whisky en skater

Whisky en skater

Lloyd Zandberg
Dis weer tyd vir die jaarlikse FNB Whiskyfees wat môre by die Windhoek Buitekluboord plaasvind.

Die whiskyfees het ten doel om die Namibiese publiek oor whisky in te lig en word as 'n platform beskou wat entoesiasme onder nie-whiskydrinkers bevorder. Dié inligting sal onder meer deur kundiges, uitstallers en handelsmerk-ambassadeurs verskaf word. Die fees se deure is vir enige whiskyliefhebber oop. Die bekendstelling van die ‘Apple Store’ hierdie jaar dra by tot die algehele ervaring en leefstylkonsep, wat whisky meer toeganklik vir almal gaan maak.

Vanjaar se handelsmerk-ambassadeurs kom van verskillende ondernemings soos Jura, Dalmore, Shackleton, Johnny Walker, Douglas Lain Co, Paul John dingle malts, Suntory Beam, Pocket Scotch, IIse van Rassay, Glen Grant en Chives Regal – en al dié ambassadeurs het dieselfde passie; om opwinding en ’n whiskyryke-gemeenskap in die Namibiese konteks te skep.

Nangula Kauluma, van die uitvoerende kleinhandelbankdienste by FNB, sê die whiskyfees is een van die gunstelingvieringe by FNB.

“Die fees bied die geleentheid om hierdie wonderlike gees op 'n aangename manier aan whiskykenners en -entoesiaste te openbaar. Ons is verheug om saam met van die beste whiskyvervaardigers ter wêreld te werk, om vanjaar se fees een van die beste nog te maak.”

Anders as vorige feesaanbiedinge neem FNB die jaarlikse Whiskyfees vanjaar na die volgende vlak. Die toevoegings tot die fees is ’n sigaarsitkamer, deluxe-koffiewinkel en 'n whiskywinkel, boetiekbier (Camelthorn), jenewerstalletjies, sowel as verskeie vonkelwyne soos Noble Hill Blanc de Blanc, Christine Marie, Hoopenburg Blanc de Noir Sparkling. Die whiskyfees is nie net vir liefhebbers van whisky nie, daar is baie ander lekkertes vir diegene wat nie whiskydrinkers is nie.

Besoekers aan die whiskyfees word aangemoedig om deel te neem aan die kompetisie waar jy ’n kans staan om ‘n toer deur die bekende Sedgwick Distillery in Wellington te wen. Al wat besoekers moet doen is om hul besigheidskaartjie in die houer by die ingang te gooi. Die prys sluit twee retoerkaartjies, twee nagte se akkommodasie by 'n gastehuis in Stellenbosch en vervoer na en van die lughawe in.

Kaartjies vir die whiskyfees beloop N$180 aanlyn by Computicket en N$200 by die deur. Vir meer inligting besoek FNB se webtuiste.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!