White kies Combrinck op Bulle se bank
White kies Combrinck op Bulle se bank

White kies Combrinck op Bulle se bank

Rugby
Cobus Claassen – Die Springbok Ruan Combrinck maak Saterdag sy langverwagte terugkeer tot die rugbyveld wanneer die Blou Bulle op Loftus Versfeld teen die Cheetahs te staan kom in die Curriebeker-kompetisie.
Combrinck (31) het verlede maand by die Bulle aangesluit, maar hy het sedertdien Covid-19 onder lede gehad, wat sy hertoetrede tot die spel vertraag het.
Die Bulle het verlede week bevestig dat Combrinck se kondisioneringsprogram goed verloop het.
Die 31-jarige Combrinck, wat verlede jaar sy Franse klubspan, Stade Français, verlaat het, het sedertdien geen rugby gespeel nie. Hy het hom op sy plaas gevestig waar hy met die boerdery aangegaan het. Hy was sedert Maart 2020 ná ’n skouerbesering buite aksie.
Die veelsydige voorspeler Jacques du Plessis is gereed om weer vir sy ou span uit te draf en is ook op die bank gekies.
Marco Jansen van Vuren, wat vandat Jake White as hoofafrigter by Loftus oorgeneem het senter en vleuel gespeel het, is terug op skrumskakel in Zak Burger se plek.
In die agttal het White die belowende WJ Steenkamp as die span se nr. 7-flank gekies, terwyl Jan-Hendrik Wessels nog ’n kans op haker kry.
• BLOU BULLE: David Kriel, Madosh Tambwe, Lionel Mapoe, Cornal Hendricks, Kurt-Lee Arendse, Johan Goosen, Marco Jansen van Vuren, Elrigh Louw, WJ Steenkamp, Arno Botha, Ruan Nortjé, Janko Swanepoel, Mornay Smith, Jan-Hendrik Wessels, Gerhard Steenekamp.
Reserwes: Joe van Zyl, Simphiwe Matanzima, Jacques van Rooyen, Jacques du Plessis, Jaco Labuschagne, Keagan Johannes, Chris Smith, Ruan Combrinck.
– Netwerk24

FOTO
Ruan Combrinck, hier nog vir die Leeus in aksie, is Saterdag een van die Blou Bulle se plaasvervangers teen die Cheetahs in Pretoria. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!