White ‘plaas premie’ op Nuweland-afskeid
Rugby
Cobus Claassen – Die wyse waarop die Bulle Saterdag op Loftus Versfeld in die tweede helfte stoom verloor het teen die Pumas, gee Jake White stof tot nadenke voor die Curriebeker-kompetisie.
Die Bulle-breier het in die afgelope Superreeks merendeels by dieselfde kombinasies gehou en dit het vrugte afgewerp.
Hy het Saterdag, nadat die Bulle as die plaaslike Superrugby-kampioen gekroon is, gesê hy is onseker oor sy spankeuses in die Curriebekerreeks.
“Dit is die vraag, volstaan ons met dieselfde span of gee ons ander spelers blootstelling?
“Ek kan nie die span elke naweek laat speel nie. Ons sal iewers spelers moet roteer.”
Hoewel Cornal Hendricks en Stedman Gans die laaste paar weke in ’n gedugte senterpaar ontwikkel het, kan ’n speler soos Marnus Potgieter sterk op die voorgrond tree op Curriebeker-vlak.
In die agttal verdien plaasvervangers soos Sintu Manjezi en Gerhard Steenekamp ook ’n kans in die beginspan.
Jan Uys, die slotaanwins uit Frankryk, het nog nie sy buiging gemaak nie, terwyl dit onseker is wat die plan met die voormalige Springbok-slot Juandré Kruger is.
Edgar Rathbone, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het Maandag bevestig Kruger is nog op hul boeke.
Dit sou ideaal gewees het om ’n paar jong opkomende sterre teen die Pumas en Griekwas in te span, maar dit kan ’n waagstuk wees in Mbombela en Kimberley.
Die Pumas was Saterdag die beter span ná rustyd met die Bulle wat oënskynlik ophou speel het toe hulle vroeg in die wedstryd met 21-0 voorgeloop het.
White sê hy beplan verder as die Curriebeker-kompetisie, wat in Januarie eindig.
“Ek is nie net tot einde Januarie die afrigter nie. Ek rig die span die volgende drie, vier jaar af en het ook ’n langtermynplan.
“Ons speel vanaf Maart in die Pro16 en ek moet nog met die afrigters praat en dan besluit oor die kies van die span.”
Die Ligbloues begin hul veldtog Saterdag in Kaapstad teen die Westelike Provinsie.
White sê hy “plaas ’n premie daarop” om vir ’n laaste keer op Nuweland te speel.
“Die spelers moet besef dat dit ’n ongelooflike geleentheid en voorreg is om ’n laaste wedstryd op Nuweland te speel.
Die voormalige Springbok-afrigter gee toe hy is “ou skool” en sê dit is soos om op Lansdowne Road te speel.
Lansdowne Road was Ierland se tuiste in Dublin totdat dit in 2007 gesloop is om vir die Aviva-stadion plek te maak.
“Dit was die oudste veld. Nou speel ons op Nuweland, wat die tweede oudste (in wêreldrugby) is. Dit is ’n wonderlike ding vir ’n jong speler.
“Ek sou nooit ’n paar maande gelede gedink het ek gaan vir ’n laaste keer Nuweland toe nie. Ek sal seker maak die spelers besef die grootsheid daarvan.” – Netwerk24
FOTO
Jake White, hoofafrigter van die Bulle, wik en weeg voor die begin van die Curriebeker-kompetisie. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie