Whitelock is All Blacks se nuwe kaptein
Whitelock is All Blacks se nuwe kaptein

Whitelock is All Blacks se nuwe kaptein

Rugby
Sam Whitelock sal die All Blacks in die plek van die beseerde Sam Cane in Julie teen Fidji en Tonga aanvoer.
Ian Foster, die All Blacks se afrigter, het Maandag ook vier spelers wat nog nie voorheen vir die span gespeel het nie in sy groep van 36 ingesluit.
Hulle is die voorspelers Ethan de Groot en Ethan Blackadder en die agterspelers Finlay Christie en Quinn Tupaea.
Volgens Foster sal Cane, wat met ’n borsbesering sukkel, steeds by die span betrokke bly.
Hy sê ook dit was maklik om te besluit dat Whitelock, wat al 122 keer vir die All Blacks gespeel het, die span moet lei.
“Hy is ’n uitstaande All Black, ons gebruik nie daardie woord gereeld nie, maar ek dink hy verdien dit,” sê Foster.
“Hy is al vir ’n lang ruk ’n lid van die leiersgroep en ons het baie vertroue in daardie groep.”
Foster se grootste kopseer was op senter, waar Jack Goodhue en Anton Lienert-Brown beseer is en Ngani Laumape besluit het om eerder in Frankryk klubrugby te gaan speel.
Foster het besluit om Lienert-Brown wel te kies in die hoop dat sy elmboogbesering betyds sal herstel vir volgende maand se toetse.
“Ons het vyf senters gekies. Met Anton se besering het ons besluit om vir Quinn Tupaea ook ’n kans te gee. Ons het nie baie senters nie,” sê Foster.
David Havili, Braydon Ennor en Rieko Ioane is die ander senters in die groep.
Finlay Christie, wat op skrumskakel vir die Blues uitgeblink het, is ook in die groep.
Die ervare nr. 9 TJ Perenara, wat gewoonlik Aaron Smith se adjudant is, is nie oorweeg nie omdat hy vanjaar in Japan gespeel het en die laaste vyf weke net ’n paar klubwedstryde in Nieu-Seeland agter die blad het. Hy het egter in Mei weer ’n kontrak met die Hurricanes gesluit en sal in die toekoms weer vir die All Blacks oorweeg kan word.
Nieu-Seeland speel op 3 Julie in Auckland teen Tonga voordat die land daarna op agtereenvolgende Saterdae in Dunedin en Hamilton teen Fidji te staan kom.
• Die All Black-groep is:
Agterspelers: Jordie Barrett, George Bridge, Will Jordan, Damian McKenzie, Sevu Reece, Rieko Ioane, Anton Lienert-Brown, Braydon Ennor, David Havili, Quinn Tupaea, Beauden Barrett, Richie Mo’unga, Aaron Smith, Finlay Christie, Brad Weber.
Voorspelers: Ethan Blackadder, Shannon Frizell, Akira Ioane, Luke Jacobson, Dalton Papalii, Ardie Savea, Hoskins Sotutu, Scott Barrett, Brodie Retallick, Patrick Tuipulotu, Tupou Vaa’i, Samuel Whitelock (k), George Bower, Ethan de Groot, Nepo Laulala, Tyrel Lomax, Angus Ta’avao, Karl Tu’inukuafe, Asafo Aumua, Dane Coles, Codie Taylor.
– Reuters, Netwerk24


FOTO
Sam Whitelock is as die nuwe All Black-kaptein aangewys. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!