• Tuisblad
  • Sake
  • Whitey Basson sê finaal totsiens aan Shoprite
Whitey Basson su00ea finaal totsiens aan Shoprite
Whitey Basson su00ea finaal totsiens aan Shoprite

Whitey Basson sê finaal totsiens aan Shoprite

Shoprite het van R1 miljoen in aandeelhouerfondse tot R98 miljard onder Whitey Basson se leierskap gegroei.
Nellie Brand-Jonker - Whitey Basson, voormalige uitvoerende hoof van die Shoprite-groep, het die groep finaal verlaat.

Basson het reeds verlede jaar as uitvoerende hoof afgetree en sy opvolger, Pieter Engelbrecht, het aan die begin van die jaar by hom oorgeneem.

Basson is begin Januarie vanjaar as ondervoorsitter en nie-uitvoerende direkteur aangestel.

Sy uittrede uit die twee rolle is met onmiddellike ingang op 25 Oktober aangekondig en in die resultate van die jaarvergadering en spesiale vergadering wat Maandag gehou is.

Christo Wiese, die grootste aandeelhouer en voorsitter van Shop­rite, het in die jaarverslag gesê Basson het afgetree as uitvoerende hoof ná 39 jaar by die groep. Hy sê Basson het 'n “wonderlike erfenis” nagelaat.

“Dit is werd om dit te herhaal dat hy begin het in sy rol met 'n netto R1 miljoen in aandeelhouersfondse en dat hy 'n groep met 'n markwaarde van meer as R98 miljard agtergelaat het. Dit is sonder twyfel een van Suid-Afrika se grootste bedryfsprestasies en ek is trots daarop om met hom geassosieer te word.”

Wiese sê Basson het 'n jong bestuurspan opgebou wat baie bevoeg deur Pieter Engelbrecht gelei word. Hy meen Engelbrecht sal sonder twyfel in die komende jare nog sy stempel afdruk.

“Ons is in 'n oorgang na 'n hele nuwe era van sake doen en ek is vol vertroue dat ons 'n talentvolle span opgebou het om dit te hanteer.

“Hy (Basson) het 'n merkwaardige loopbaan gehad . . . en ons sal dankbaar bly vir die onmeetlike bydraes wat hy gemaak het,” word in die jaarverslag gesê.

Vergoeding

Basson het einde September verlede jaar kennis van sy uittrede gegee en omdat hy 'n kennistydperk van 12 maande met die groep het, het hy verder in die diens van die groep gebly. Hy ontvang ook vergoeding vir die tydperk tot einde September vanjaar van R50,1 miljoen.

In die vorige jaar het hy R100 miljoen verdien, waarvan sowat die helfte 'n korttermyn-aansporing was vir sekere winsteikens wat behaal is.

Basson het vroeër die jaar nuus gemaak toe dit bekend geword het hy het 'n dienskontrak met Shop­rite om 'n opsie uit te oefen ingevolge waarvan die maatskappy R1,7 miljard se aandele van hom terugkoop.

Aandeelhouers het op 5 September die besluit goedgekeur dat die maat­skappy die aandele by hom terugkoop.

Die werkkontrak met hom is in 2003 aangegaan.

In die jaarverslag word gesê Engelbrecht se vergoeding verskil van die vorige uitvoerende hoof s'n.

'n Totale gewaarborgde betaling is bepaal deur na die vergoeding in die mark vir soortgelyke winkelgroepe te kyk.



Die wisselende dele van sy vergoedingspakket is as volg:

• Korttermyn-aansporing: 'n Kontantbonus van tot 'n derde van sy jaarlikse totale gewaarborgde vergoeding as aan sekere teikens voldoen is. Die bonus gaan met 'n ­geskikte perk gepaard indien uitpresteer word (beperk tot 40% van sy jaarlikse totale gewaarborgde vergoeding).

• Langtermyn-aansporing: 'n Jaarlikse toekenning van aandele wat gegrond is op prestasieteikens wat in die vorige boekjaar bereik moes word.

Die jaarverslag toon Engelbrecht het einde van die boekjaar R31,2 miljoen ontvang waarvan R16 miljoen 'n langtermyn-aansporing was en R4,3 miljoen 'n kontantbonus.



Aandeelhouers ontevrede

Die Shoprite-groep het op sy jaarvergadering vir die eerste keer aan sy aandeelhouers die geleentheid gegee om op 'n niebindende grondslag oor sy vergoedingsbeleid te stem.

Aandeelhouers het op die twee gewone niebindende besluite oor sy vergoedingsbeleid en die implementering daarvan 29,89% en 28,58% daarteen gestem.

Shoprite het gesê omdat meer as 25% van sy aandeelhouers teenwoordig daarteen gestem het, sal 'n uitnodiging aan die afkeurende aandeelhouers gerig word om met die maatskappy daaroor te skakel.



Die grootste aandeelhouers op 2 Julie vanjaar was:

Christo Wiese - 16,89%

Government Employees Pension Fund

- 11,22%

Shoprite Checkers (Edms) Bpk -

5,91%

Capital Group - 4,07%

Lazard - 3,49%

Vanguard - 2,46%

GIC Private Beperk - 2,33%

Namibian Government Institutions

Pension Fund - 1,92%

Oppenheimer Funds - 2,11%

BlackRock - 1,91%

Whitey Basson - 1,52%

T. Rowe Price - 1,49%

J.F. Le Roux - 1,41%

Government Pension Fund - Norway

1,41%– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-07-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 13° | 31° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 29° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 11° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:23, High tide: 02:11, Low Tide: 20:38, High tide: 14:47 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:21, High tide: 02:09, Low Tide: 20:36, High tide: 14:45 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:21, High tide: 02:08, Low Tide: 20:36, High tide: 14:44 Rehoboth: 6° | 24° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 9° | 21° Aranos: 7° | 23° Lüderitz: 12° | 32° Ariamsvlei: 8° | 19° Oranjemund: 9° | 22° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 7° | 23° Lubumbashi: 12° | 30° Mbabane: 6° | 25° Maseru: 0° | 13° Antananarivo: 9° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 15° | 27° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 12° | 17° Durban: 11° | 22° Johannesburg: 6° | 17° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 14° | 28° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.37 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.29 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 862 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.94 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1510.85 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 24.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1804.86 Up +1.82% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13245.01 Down -0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28161.17 Up +0.63% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 359.07/OZ UP +0.01% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.41% | Zinc US$ 3 016.10/T UP 0.65% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 1 010.93/OZ UP +1.20% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 13° | 31° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 29° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 11° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:23, High tide: 02:11, Low Tide: 20:38, High tide: 14:47 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:21, High tide: 02:09, Low Tide: 20:36, High tide: 14:45 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:21, High tide: 02:08, Low Tide: 20:36, High tide: 14:44 Rehoboth: 6° | 24° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 9° | 21° Aranos: 7° | 23° Lüderitz: 12° | 32° Ariamsvlei: 8° | 19° Oranjemund: 9° | 22° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 7° | 23° Lubumbashi: 12° | 30° Mbabane: 6° | 25° Maseru: 0° | 13° Antananarivo: 9° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 15° | 27° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 12° | 17° Durban: 11° | 22° Johannesburg: 6° | 17° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 14° | 28° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.37 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.29 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 862 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.94 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1510.85 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 24.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1804.86 Up +1.82% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13245.01 Down -0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28161.17 Up +0.63% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 359.07/OZ UP +0.01% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.41% | Zinc US$ 3 016.10/T UP 0.65% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 1 010.93/OZ UP +1.20%