Whitey kry nou (net) R1,7 miljard
Whitey kry nou (net) R1,7 miljard

Whitey kry nou (net) R1,7 miljard

Nellie Brand-Jonker - Whitey Basson gaan sowat R86 miljoen minder vir sy Shoprite-aandele kry.

Die Shoprite-groep moet die voormalige uitvoerende hoof se aandele by hom terugkoop.

Hy gaan nou meer as R1,74 miljard kry, pleks van die meer as R1,83 miljard waaroor in Mei berig is.

Basson (70) se uittrede as uitvoerende hoof ná amper vier dekades is in Oktober op die groep se jaarvergadering aangekondig.

Netwerk24 het in Mei berig die aandele moet van Basson teruggekoop word ingevolge ’n dienskontrak wat in Desember 2003 met hom aangegaan is.

Die bedrag is minder omdat Basson R10 per aandeel minder gaan kry.

Die groep het aangekondig die partye het 1 Augustus die kontrak gewysig sodat die prys waarteen die aandele teruggekoop word, na R201 verminder word. Dit was voorheen R211.

Die nuwe prys is die geweegde gemiddelde aandeelprys oor die 30 dae tot 2 Mei.

Voorheen is die middelste prys oor 30 dae gebruik.

Shoprite moet 8,68 miljoen aandele van die maatskappy Bassgro terugkoop.

Die wysiging is glo aangebring sodat dit met die JSE se noteringsvereistes ooreenstem.

Toe die wysiging aangebring is, het Basson die direksie van Shoprite versoek om nagenoeg R84 miljoen in ’n fonds te sit vir die opvoeding van voorheen benadeeldes.

Dié bydrae is egter nie ’n gegewe nie.

Ingevolge die akte van oprigting van Shoprite moet so ’n besluit onder meer deur die direksie goedgekeur word.

Aandeelhouers sal ook op ’n algemene vergadering oor die spesifieke terugkoop van aandele moet stem. Dit vind op 5 September om 9:00 plaas by die maatskappy se hoofkantoor in Brackenfell.

Die omsendbrief en inligting oor die algemene vergadering is vandeesweek uitgereik.

Die aandele wat teruggekoop moet word, beloop 1,45% van die Shoprite-groep se uitgereikte aandele.

Ná die wysiging hoef Shoprite nie meer ingevolge noteringsvereistes ’n mening te kry oor hoe billik die terugkoop van die aandele is nie, maar die firma het in ooreenstemming met beste praktyk vir korporatiewe bestuur ’n mening gekry.

RMB het as onafhanklike kundige bevind albei pryse is billik vir aandeelhouers omdat die waarde van die aandele meer is as die prys wat Shoprite gaan betaal.

Die direksie is ook van mening dit is billik en het eenparig aanbeveel aandeelhouers moet ten gunste daarvan stem. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!