Whk Hoërskool wys sy All Stars 2016-2020 aan
Reëlings word getref om vir die 'droomspanne' werklike wedstryde te reël.
Andrew Poolman – Windhoek Hoërskool (WHS) is 'n prominente figuur in Namibiese skolehokkie en beide sy seuns- en meisiespanne het in onlangse jare gereeld die nasionale titels ingeryg.
Met die huidige skooljaar se hokkieseisoen deur 'n wêreldwye viruspandemie uitgevee, het die afrigters van WHS se eerste seuns- en meisiespanne van die afgelope jare, onderskeidelik mnre. Johann Weyhe en Randy Slabbert, met 'n nuutjie vorendag gekom.
Weyhe het in 2008 by sy voorganger mnr. Jesse Schickerling oorgeneem, terwyl Slabbert die meisiespan sedert 2016 met ewe groot sukses afrig.
Die twee hoofafrigters het onlangs die aanwysing van die WHS All Stars gefasiliteer.
“Ons het elkeen die beste 34 seuns en 34 meisies uitgesoek wat sedert 2016 eerstespan gespeel het.
“Hierna het ons dit aan 'n keurkomitee oorgelaat om die top-16 All Stars aan te wys. Die keurders was ervare hokkiemense, byvoorbeeld Coenie Fourie of Siyabonga Martins, gewese nasionale speler en afrigter van Windhoek Gimnasium wat ons sterk opposisie is,” het Weyhe verduidelik.
Volgens Weyhe word ondanks die uitdagende omstandighede moeite gedoen om vir die twee droomspanne elk minstens een werklike wedstryd te reël.
“Ons het na die Westelike Provinsie en Gauteng se o.20-spanne voelers uitgesteek oor 'n moontlike besoek aan Windhoek. As Covid-19-regulasies dit in die wiele ry, sal ons All Stars B-spanne as opposisie saamstel.
“Standard Bank het reeds aangedui dat hy as hoofborg van die All Stars betrokke sal wees.”
Die uitgesoekte spelersgroepe is:
WHS SEUNS ALL STARS: Willie Serfontein, Henning Kruger (doelwagters), David Britz, Wietz Meyer, Dian la Cock, Kevin Barnard, Matu Kaiririua, Owen Hatton, Dakota Hansen, Dawie Fourie, Nico Neethling, Cody van der Merwe, Timon Dresselhaus, Fagan Hansen, Ivan Mendes-Semedo, Dylan Finch. Spanbestuurder: Yolande Barnard.
WHS MEISIES ALL STARS: Suné Crous (doelwagter), Hester Neethling, Carien van Rooyen, Jahntwa Kruger, Rachel Finch, Jivanka Kruger, Maryke Schickerling, Tisha Semedo, Danelle Steenkamp, Joané van Rooyen, Anthea Coetzee, Armin van Staden, Duré Boshoff, Elmé Boshoff, Jeani Holz, Vanessa Schoeman. Spanbestuurder: Petro van Staden.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie