WHS-kolwers knak CCD
Krieket
Andrew Poolman – Gerhard Erasmus se onverwagse vroeë terugkeer na die speelveld, 'n 164-aanvangsvennootskap tussen Craig Williams (83) en Zane Green wat sy honderdtal voltooi het, asook die absolute verwoesting waartoe Ruben Trumpelmann as 'n laat mokerman in staat is ...
Hierdie was Saterdag by FNB WHS Vegkopstadion die uitstaande aspekte van Ceiling Centre WHS Old Boys se wegholoorwinning met 163 lopies teen 'n moedige, maar oordonderde CCD Tigers-span.
Vir die besoekers het hul eerste terugslag reeds kort voor die begin van die 50-boulbeurt premierligawedstryd getref, toe hul jong nasionale snelbouler Ben Shikongo weens ongesteldheid onttrek het. Die oranje truie het dus een van hul giftige boul-angels verloor en het met jong Jack Parker as die enigste naatbouler net vyf draaiboulers gehad om aan te bied.
Old Boys se lang lys bedrewe kolwers het behoorlik gedomineer terwyl hulle 'n indrukwekkende 365/6 opgestapel het.
Craig Williams en Zane Green het nie uitsonderlik vinnig weggespring nie, maar hul 100-vennootskap is ná 20 boulbeurte behaal, voordat Williams ná 83 lopies van 86 balle (ses viere, vier sesse) netjies in die buiteveld deur CCD se jong Jaden Cloete uitgevang is.
Green, misgevang op 44, het CCD met 129 van 112 balle laat boet (12 viere, twee sesse) voordat hy 'n lughou gespeel het vir 'n vangkans aan die bouler Mauritius Ngupita vir sy tweede paaltjie (2/47 in 10).
Malan Kruger het twee viere geslaan in sy 29 van 46 balle, maar hy en Green is kort ná mekaar uit. Dit het die ervare JP Kotzé, Old Boys se kaptein en een van die liga se voorste lopiemakers, en Gerhard Erasmus byeen gebring, nadat die nasionale spankaptein onlangs geopereer is aan die gebreekte ringvinger aan sy regterhand waarmee hy in die T20 Wêreldbeker gespeel het.
Erasmus (39 van 20 balle, 2x4 3x6) en Kotzé (21 van 12 balle, 2x4 1x6) het nie op hulle laat wag nie, in 'n vennootskap van presies 50 lopies.
Die vonke het egter gespat toe Ruben Trumpelmann by Kotzé oorgeneem het om 42 lopies van net 14 balle te blits, wat vyf sesse en twee viere bevat het. Hy was veral ongenadig met een boulbeurt van Pikky ya France wat 29 lopies gekos het (6 0 0 6 7nb 6 4).
Nicol Loftie-Eaton (2/90) was ook lanklaas só duur in tien boulbeurte. Ngupita was die enigste wat minder as ses per beurt afgestaan het.
In CCD se kolfbeurt moes Stephen Baard eerste terugstap vir 15 (24 balle, 1x4 1x6) toe Erasmus hom aan die bykant van Trumpelmann se boulwerk uitgevang het.
Nommer drie Joshuan Julius was volgende (4, uitgehardloop) voordat Wayne Raw (30 van 48 balle) en Nicol Loftie-Eaton (33 van 45 balle) die lopiekurwe kortstondig nog binne bereik gehou het. Loftie-Eaton en Ramon Wilmot (0) is egter met opeenvolgende balle deur Tangeni Lungameni se linkerarm blitsballe skoongeboul (2/24 in 7).
Pikky ya France het moedig probeer (40 van 37 balle, 3x4 2x6), maar Old Boys kon bekostig om benewens Trumpelman (2/14 in 5), Lungameni en Erasmus (1/9 in 3) 'n paar van sy jongste boulvooruitsigte blootstelling te gee.
Die naatboulers Zacheo van Vuuren (1/29 in 4) en Melrich Robyn (1/28 in 6) en die draaiers Donovan Zealand (1/54 in 10) en Henry van Wyk (1/18 in 5.3) het almal paaltjies geneem om te sorg dat CCD Tigers tot 202 almal uit in 42.3 boulbeurte beperk word.
PUNTESTAND
CCD se skrale hoop om die puntegaping tussen hul derde posisie en die voorlopers te laat krimp, het dus nie werklikheid geword nie.
WHS Old Boys, met een wedstryd meer gespeel (ses), het inderdaad tot boaan die puntelys opgeskuif op grond van 'n beter netto lopietempo, hoewel hulle en Samsung Wanderers (vyf gespeel) hul beide op 18 ligapunte bevind.
CCD Tigers bly derde op 12 (ses wedstryde), gevolg deur Trustco United (4 ná vyf wedstryde) en MR24/7 Welwitschias (0 ná vier).
Laasgenoemde twee spanne aan die onderpunt sou Saterdag op Walvisbaai slaags geraak het, maar dié wedstryd is uitgestel omdat Krieket Namibië se jaareindfunksie ook Saterdagaand gehou is (berig binne).
– [email protected]
FOTO’s Andrew Poolman
Sy honderdtal verskyn op die telbord en Zane Green erken die applous van sy spanmaats van WHS Old Boys. Agter hom klap CCD Tigers se Nicol Loftie-Eaton ook hande.
Ruben Trumpelmann slaan ’n ses tydens sy blitsbeurt van 42 lopies van 14 balle.
Jaden Cloete se CCD-spanmaats wens hom geluk met ’n netjiese vangskoot om Craig Williams op 83 lopies te laat terugstap – die span se eerste deurbraak vir die dag.
Gerhard Erasmus op die voorvoet klim onder die CCD-boulwerk in vir een van sy sesse.
Tangeni Lungameni het met opeenvolgende balle vir Nicol Loftie-Eaton (33) en Ramon Wilmot (0) skoongeboul.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie