WHS laat doele maklik lyk
WHS laat doele maklik lyk

WHS laat doele maklik lyk

Hokkie
Andrew Poolman - Opposisie moet hul keer ken wanneer die eerste seuns­hokkiespan van Coastal Hire Windhoek Hoërskool die krane begin oopdraai.

Die verdedigende kampioenspan en onoorwonne voorloper in die o.19 premierliga het die afgelope weke 'n paar groot tellings opgestapel.

WHS het sover hierdie seisoen in hul ligawedstryde, asook op hul toer na 'n toernooi in die Oos-Kaap, reeds 93 doele aangeteken en net ses afgestaan.

Afgelope Vrydagaand het die WHS-span op sy tuisbaan, die Davin Trustco hokkiestadion, met 7-0 teen Windhoek Gimnasium gewen.

“Ons het die eerste kwart oorheers, maar in die tweede en derde kwarte het Gimnasium sterk druk toegepas en sake het redelik gelykop verloop. In die vierde kwart het ons weer die oorhand gekry,” sê WHS se afrigter, mnr. Johann Weyhe.

Die doele is deur Cody van der Merwe (2), David Britz, Nathan van Niekerk (2), Fagan Hansen en Dakota Hansen aangeteken.

WHS se tweede span het ook Vrydagaand teen Windhoek Affies gespeel en met 10-0 gewen.

• WHS het in sy vorige tuiswed­stryd 'n wegholtelling van 17-0 teen St. Paul's opgestapel.

Fagan Hansen en Nathan van Niekerk het elkeen vier doele aangeteken, met 'n driekuns deur Nico Neethling en twee elk van Dakota Hansen en Owen Hatton. Nog doele is deur David Britz en Matuu Kavikai­ririua bygevoeg.

“Spelers soos Marc Olles en Craig McNally het vir St. Paul's uitgeblink, maar toe die WHS-spelers besluit om die tempo te versnel, was daar nie keer nie,” vertel Weyhe.

WHS se vorige tellings was 5-0 teen die onervare span van St. George's (drie doele deur Dylan Barnard en een elk deur Dakota Hansen en Cody van der Merwe), nadat hulle die wegwedstryd teen Windhoek Gimnasium met 5-1 oorheers het. By laasgenoemde geleentheid was Fagan Hansen (2), Dakota Hansen, Barnard en Neethling die doelskieters.

“Ons het nog vier wedstryde oor, dan is die liga klaar. Ons vertrek op 9 Julie na Kaapstad vir die Brothers-toernooi wat tot 15 Julie duur. Ons eerste wedstryd is teen die Hoërskool D.F. Malan van Bellville. Ons mikpunt is om vanjaar 'n punt te gaan bewys deur ons groep te wen vir volgende jaar na die A-afdeling bevorder te word,” sê Weyhe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!