WHS mik hoog op Kaapse toer

Skolehokkie
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Goeie nuus die aand voor hul vertrek op toer na Suid-Afrika het Dinsdag die eerste meisieshokkiespan van PSG Windhoek Hoërskool begroet, toe bevestig is dat WHS sowel die seuns- as meisieskampioene vir die Khomasstreek in 2019 is.

Die WHS-meisies was die voorloper in die Khomas o.19-liga, met 12 punte ná afloop van hul ligaverpligtinge. Nog een wedstryd het oorgebly, tussen Windhoek Gimnasium (10 punte) en St. Paul (4). Laasgenoemde se oorwinning met drie doele teen nul het klaargespeel met Gimnasium se geleentheid om die titel by WHS af te neem.

Dit was ook reeds bekend dat WHS se onoorwonne seunspan, geborg deur Coastal Hire, sy ligatitel in Khomas behou het. Die seuns het geskiedenis gemaak as die eerste span wat al sy wedstryde met ’n bonuspunte gewen het.

Die seuns se laaste vyf oorwinnings was teen Windhoek Gimnasium (7-0), Windhoek Affies (5-0 en 6-0) en St. George (8-0), asook teen St. Paul wat die wedstryd prysgegee het.

Met die seuns se vorige onoorwonne toer van agt wedstryde in die Oos-Kaap bygetel, het hulle vanjaar reeds ’n formidabele 82 doele opgestapel, teenoor drie deur hul opponente. Net ’n enkele doel is in ’n Khomas-ligawedstryd teen Windhoek Gimnasium afgestaan.

Die individuele voorste doelskieters sover dié seisoen is Fagan Hansen (16), Cody van der Merwe (15) en Dylan Barnard (13).

Die nasionale ligas se kwarteindronde is op 19 en 20 Julie, voor die semifinale en eindstryde op die daaropvolgende naweke.

KAAPSTAD

WHS se seuns- en meisiespan het gister na Kaapstad vertrek waar beide vandeesweek in die gesogte internasionale Brothers-toernooi gaan meeding.

“Ons is vanjaar in die goue afdeling geplaas, maar ons doelwit is beslis om die finaal te haal en sodoende ons plek in die groen afdeling (die hoogste groepering) terug te wen. Ons is gerelegeer toe ons verlede jaar moes onttrek omdat verskeie van ons spelers die Namibiese span by die junior Afrikaspele verteenwoordig het,” sê mnr. Johann Weyhe, afrigter van die seunspan.

Die WHS-seuns begin met wedstryde teen vier skole wat hoog op die Suid-Afrikaanse nasionale ranglys gereken word, naamlik DF Malan (44ste) en Worcester Gimnasium (40ste) op gister se program. Vandag wag botsings teen Outeniqua (30ste) en Curro Durbanville (36ste).

Vrydagoggend speel die WHS-seuns teen die Britse skool King’s Bruton.

• Afrigter Randy Slabbert se WHS-meisiespan se toerwedstryde by die Brothers-toernooi het gister teen Pinelands en die WP Uitnodigingspan begin. Vandag speel hulle teen Uplands en King’s Bruton (Brittanje), voordat hulle môre teen Framesby opgeweeg word.

Die PSG WHS meisiestoerspan: Carien van Rooyen (kaptein), Duré Boshoff (onderkaptein), Sonet Crous, Juliette Fourie, Armin van Staden, Azaria Wallace, Danelle Steenkamp, Maryke Schickerling, Jade Schumacher, Jana Strydom, Jarien Hartzenberg, Joané van Rooyen, Rachel Finch, Tisha Semedo, Vanessa Schoeman.

Die Coastal Hire WHS seunstoerspan: Dakota Hansen (kaptein), Cody van der Merwe (onderkaptein), Henning Kruger, Delron Handura, Morné Meyer, Matthew Mouton, Johann Serfontein, Nathan van Niekerk, Dylan Barnard, David Britz, Nico Neethling, Fagan Hansen, Gian Dresselhaus, Matuu Kavikairiua, Owen Hatton, JP Britz.

Die onderskeie spanbestuurders is Yolande Barnard (seuns) en Petro van Staden (meisies).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!