WHS se ligbloues verdedig trofeë teen Gim
Hokkie
Andrew Poolman
Teen hoogs gemotiveerde opposisie sal die hokkiespanne van Windhoek Hoërskool die voordeel van hul tuisbaan met goeie spel moet laat geld indien hulle die betekenisvolle titels in die eindstryde van die Namibiese skolehokkieligas wil behou.
WHS het spanne in ses eindstryde, maar die twee grotes wat die belangstelling gaande sal maak, is gewis die eerste liga vir seuns en eerste liga vir meisies, waarin WHS in beide gevalle as die 2017-titelhouer deur Windhoek Gimnasium uitgedaag word.
Die WHS-seuns hou oënskynlik al die troefkaarte, met twee oorwinnings uit twee kragmetings vanjaar teen die Gimmies.
Boonop het die ligbloues die voordeel van 'n gevestigde kombinasie spelers wat ook op nasionale vlak saamspeel en op die regte oomblikke blink spel kan lewer wat toeskouers en opponente ewe verstom laat.
Aan die meisieskant lyk 'n voorspelling egter meer riskant, met beide skole wat vanjaar een keer aan die wenkant in hul vorige ontmoetings was. Ook die ondervinding en vernuf van individuele uitblinkers wat tevore tot die nasionale vlak uitgestyg het, is meer eweredig versprei.
WHS meisies I: Sonet Crous, Duré Boshoff, Adoré Meyer, Elmé Boshoff (kapt), Juliette Fourie, Joané van Rooyen, Danelle Steenkamp, Jana Strydom, Maryke Schickerling, Armin van Staden, Jade Schumacher, Tisha Semedo, Vanessa Schoeman. Afrigter: Randy Slabbert.
Auas Motors Windhoek Gimnasium meisies I: Savannah Perreira, Xena Martins, Kari Rossouw, Celé Wessels, Michelle Burger, Lumé Lambert, Haylee Schickerling, Anicha Cornelissen, Carisma Hyman, Zani van Lill, Jeani Holz, Jana Rabie, Annabel Rossouw, Danja Meyer, Alexandra Maartens, Kari Davids. Afrigters: Bianca Rehder en Ronel Snyman.
Coastal Hire WHS seuns I: Willie Serfontein (doelwagter en kaptein), Owen Hatton, Morné Meyer, Matthew Mouton, Johann Serfontein, Nathan van Niekerk, Dylan Barnard, David Britz, Nico Neethling, Cody van der Merwe, Ivan Semedo, Dakota Hansen, Gian Dresselhaus, Matuu Kavikairiua, Fagan Hansen, Anrich Loftie-Eaton. Afrigter: Johann Weyhe.
PSG Windhoek Gimnasium seuns I: Liam Janse van Rensburg, Michael Laubscher, Shane Junius, Sachin Jaanda, Cobus Coetzer, Gerrard Burger, Petrus Theron (kapt), Bruwer Laubscher, Willie Loftie-Eaton, Henco Rieckert, Ruben van der Walt, Andre-Louis Stipp, Deon Gous, Tiaan Grobler, Gideon Agnebag, Hendrik Loftie-Eaton. Afrigter Siyabonga Martins.
In die laer ligas word die platteland se noordelike, suidelike en kusstreek ook verteenwoordig deur skole soos Elnatan (Stampriet), die buurskole Edugate en Otjiwarongo Sekondêre Skool, Tsumeb Gimnasium, Walvisbaai Privaat Hoërskool en Keetmanshoop Privaatskool.
Die twee hooffinale vir die seuns en meisies eerste liga word beide in vier kwarte van 15 minute elk beslis.
Die seuns tweede liga se eindstryd is 60 minute speeltyd in twee helftes en die meisies tweede liga-kampioen sal oor 50 minute speeltyd in twee helftes beslis word.
In die meisies derde liga word twee helftes van net 20 minute gespeel.
Die program vir die naweek:
VANDAG, 17 Augustus by Trustco Davin astro-baan by WHS
14:00 meisies derde liga bronsfinaal: Elnatan tn WHS B.
15:30 meisies tweede liga bronsfinaal: Tsumeb Gimnasium tn Walvisbaai Privaat Hoërskool.
17:00 seuns tweede liga bronsfinaal: Edugate tn Otjiwarongo Sekondêre Skool.
SATERDAG, 18 Augustus by Trustco Davin astro-baan by WHS
08:00 meisies derde liga: Keetmanshoop Privaatskool tn WHS A.
09:15 meisies tweede liga: WHS tn Windhoek Affies.
10:45 seuns tweede liga: Jan Möhr tn WHS.
12:35 meisies eerste liga bronsfinaal: Windhoek Affies tn St. Paul's College.
14:30 meisies eerste liga: Windhoek Gimnasium tn WHS.
16:30 seuns eerste liga: Windhoek Gimnasium tn WHS.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie