WHS-seuns verstom in finaal, meisies wen ook

Skolehokkie
Andrew Poolman
Van die mees aanskoulike hokkie van die jaar is Saterdag in die eindronde van die NSSU skolehokkieligas gesien.

Windhoek Hoërskool se spanne wat deur Coastal Hire geborg word, het met die groot pryse in beide die eerste en tweede liga vir vroue weggestap.

Nadat WHS die vorige jaar al die hokkieligas gebuit het, het die bloues dit vanjaar met vier uit die vyf ligas opgevolg toe die eindwedstryde op die baan van Trustco Aloe Park by Windhoek Gimnasium afgehandel is.

WHS se eerste seunspan het opnuut gewys dat hulle in 'n klas van hul eie is. Ná hul vroeër suksesse op toere in Suid-Afrika het hulle ook die plaaslike kampioenskap met 7-0 teen Windhoek Affies verseker. WHS het sommer uit die staanspoor hul erns gewys toe die eerste doel net 19 sekondes ná die eerste afskop behaal is.

Vir die wenspan het Cody van der Merwe (2), die kaptein Wietz Meyer, Ivan Semedo, Anrich Loftie-Eaton Dakota Hansen en Nico Neethling die doele opgestapel.

Die eerste meisiespan van WHS moes harder sweet vir 'n oorwinning toe Windhoek Gimnasium lank met 1-0 voorgeloop het. Zani van Lill se doel het die rooies die voortou laat neem, voordat die verdedigende kampioene dit reggekry het om deur middel van Rachel Finch en kaptein Elmé Boshoff toe te slaan om met 2-1 te wen.

• Die naweek se uitslae was:

Meisies derde liga eindstryd: WHS klop Jan Möhr met 3-0. Doele deur Marjole Burger, Mia Botha en Chanel Compion.

Meisies tweede liga: Windhoek Affies klop WHS met 2-1. Doelskieters kon teen druktyd nie verkry word nie.

Seuns tweede liga eindstryd: WHS klop Jan Möhr met 5-0. Doele deur David Britz (2), Armand Lubbe, Matthew Mouton en Henry Venter.

Bronsfinaal, meisies tweede liga: Moria Privaatskool klop Tsumeb Gimnasium met 2-1 danksy doele deur Cezelle du Buisson en Fiona Liebenberg. Tsumeb se doel het van Hermiena Potgieter gekom.

Bronsfinaal, seuns tweede liga: Otjiwarongo Sekondêre Skool klop Etosha Sekondêre Skool met 2-0.

Bronsfinaal, meisies eerste liga: St. Paul's klop Windhoek Affies met 2-0.

Bronsfinaal, seuns eerste liga: Windhoek Gimnasium klop Pro-Ed met 2-0.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!