WHS takel warm Boland in finaal
Krieket
Die krieketspanne van Windhoek Hoërskool en die Boland takel mekaar môre vanaf 12:30 in die eindstryd van die Momentum T20-toernooi vir skolespanne.
Agt spanne het mekaar sedert Maandag die stryd by WHS se Vegkop-stadion aangesê, waar veral die aandwedstryde onder spreiligte groot menigtes toeskouers gelok en 'n puik atmosfeer geskep het.
In gister se eerste semifinaal het die gedugte Boland-span met die kusspan Welwitschias afgereken.
Laasgenoemde span kon net 106 vir sewe op die telbord plaas (Dian Neethling 32, Gerhard Lottering 31), wat die besoekers vir die verlies van net vier paaltjies verbygesteek het.
Die Bolanders het bykans hul volledige groep na Windhoek gebring waarmee hulle binnekort in die Khaya Majola provinsiale krieketweek in Suid-Afrika gaan meeding.
• Die gasheerspan Windhoek Hoërskool het sy plek in die finaal verdien toe hy gister vir Pro-Ed van Swakopmund met ses paaltjies verslaan het. Die kusspan is vir 101 uitgeboul (Julian le Roux 20), maar WHS se Nicolaas le Roux het vier paaltjies vir 16 in sy vier boulbeurte platgetrek, terwyl Divan la Cock ook twee maal toegeslaan het.
WHS se aanvangspaar Benna Calitz (35) en Marco Meuwesen (50) het egter die grootste deel van die wenteiken afgekolf.
• Twee wedstryde word vandag gespeel, naamlik die uitspeelwedstryde vir die sewende en derde plekke (09:00 en 12:30).
Laasjaar se kampioenspan Windhoek Gimnasium sal dit môre (09:00) vir die vyfde plek teen die wenner van gisteraand se laat wedstryd tussen Windhoek Affies en die Plattelandspan uitspook.
Gisteraand se verloorder sal vanoggend vanaf negeuur vir die sewende plek teen die Uitnodigingspan uitspeel.
• Môre se finaal begin om 12:30, met die toernooi se prysuitdeling wat vir 16:00 geskeduleer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie