WHS reg om titels te verdedig

Skolehokkie
Andrew Poolman
Windhoek Hoërskool se hokkiespanne, wat almal deur Coastal Hire geborg word, het tot elke finaal van die NSSU-ligas komende Saterdag deurgedring.

WHS het verlede jaar al die ligas gewen (seuns en meisies, eerste en tweede ligas) en is vasberade om dié stand van sake komende naweek suksesvol te verdedig.

Maklik gaan dit egter nie wees nie, het mnr. Johann Weyhe, afrigter van die eerste seunspan, gister voorspel. Twee van die finale is teen Windhoek Afrikaanse Privaatskool en een elk teen Windhoek Gimnasium en Jan Möhr.

“Veral Windhoek Gimnasium se eerste meisiespan is baie goed op dreef (hulle het St. Paul's met vyf doele teen een in die semifinaal verslaan). Dié eindstryd beloof om baie gelykop te verloop en die uitslag sal neerkom op watter span sy kanse voor die doelhok afrond.”

Weyhe sê op papier kan sy WHS-seunspan dalk na die hoër gerekende span lyk, maar Windhoek Affies onder kapteinskap van Percy Barthram is ewe kapabel om die knoop deur te haak. “Ek moet sê ons seuns is baie vasbeslote om seker te maak dat die trofee bly net waar hy is.

“Dit is 'n cliché, maar die feit is dat 'n hokkiebal rond is en enigiets kan gebeur. Die druk is op WHS, maar ons is ook gereed vir die aanslag om die kampioenspanne vir 2017 te bepaal.”

Laas naweek se uitslae van die semifinale:



MEISIES EERSTE LIGA

Windhoek Gimnasium I (een doel elk deur Jeani Holz, Lumé Lambert, Danja Meyer, Anicha Cornelissen en die kaptein Zani van Lill) wen met 5-1 teen St. Paul's (een doel deur Gina Olles).

Windhoek Hoërskool I (een doel elk deur Rachel Finch en Maryke Schickerling) wen met 2-1 teen Windhoek Affies (een doel deur Diné van Schalkwyk).



SEUNS EERSTE LIGA

Windhoek Affies I (drie doele deur Liaan Burger en een elk deur Albert Lombard en Barend Loftie-Eaton) wen met 4-1 teen Windhoek ­Gimnasium (een doel deur Franco Aucamp).

Windhoek Hoërskool I (twee doele elk deur Ivan Semedo en Cody van der Merwe; een doel elk deur Nico Neethling en Philip van Schalkwyk) wen met 6-0 teen Pro-Ed Akademie.



MEISIES TWEEDE LIGA

Windhoek Affies II (een doel elk deur Amoré Janse van Rensburg en Brunell du Preez) wen met 2-0 teen Tsumeb Gimnasium.

Windhoek Hoërskool II (vier doele deur Emma Calitz en een doel deur Mari-Daleen Cloete) wen met 5-1 teen Privaatskool Moria (een doel deur Cornel du Plessis.



SEUNS TWEEDE LIGA

Jan Möhr II (een doel elk deur Zinliano Seibeb en Giované Handura) wen met 2-1 teen Etosha Sekondêre Skool (doel deur Saimi Amulungu).

Windhoek Hoërskool II (drie doele deur Henry Venter en een elk deur Rudi Joubert, Nathan van Niekerk, Armand Lubbe en die kaptein David Britz) wen met 7-0 teen Otjiwarongo Sekondêre Skool.

• Nadat al die semifinale laas naweek by die WHS Davin Astro gespeel is, sal al die eindstryde komende Saterdag by Windhoek Gimnasium se Trustco Aloe Park beslis word. Die program begin om 07:30 met die uitspeelwedstryde vir die derde plekke, met die twee hoofwedstryde onderskeidelik om 16:55 (meisies eerste liga) en 18:20 (seuns eerste liga).

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!