Wicus van der Merwe sing ten bate van Altersheim
Die bekende sanger, komediant, afslaer en seremoniemeester Wicus van der Merwe sal gaste eerskomende Vrydag by die Altersheim-geldinsamelingsgala op Otjiwarongo vermaak.
Die verrigtinge vind van 18:00 af by die Cest Si Bon Hotel in Swembadstraat plaas. Wicus gaan sing, aandete word verskaf en verskeie goedere sal op veiling aangebied word. Dit sluit slagdiere en nog ander items in.
Wicus is die oudste kind van sy ewe bekende pa, Tolla van der Merwe, wat in 2000 in ’n motorongeluk gesterf het.
“My ma, Marieta, het van kleins af gesê ek het nie ‘n skaam haar op my kop nie, so dit was seker onafwendbaar dat ek op een of ander manier op die verhoog sou beland.
“Ek was ‘n baie soet kleuter wat van die eerste nag af deurgeslaap het - net hier en daar my jonger suster se bottel gesteel het en haar nou en dan aan die hare rondgsleep het as my ma kuiermense gehad het.
“Ek het ook so nou en dan my jonger broer omgepraat om al sy verjaarsdaggeld te belê in een van my ‘sweeties-skemas,’ wat natuurlik voordelig vir ons al twee was. My laaste sussie het haar verskyning gemaak toe ek al op skool was - soos ‘n oorstootdrie in rustyd!” skryf hy oor homself.
Belangstellendes kan 067 308 500/502 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie