Wie die laaste lag, lag die lekkerste
Nam Comedy Circle is vinnig besig om ‘n baie gewilde geleentheid op Windhoek se vermaakkalender te word.
Elke laaste Woensdag van die maand besoek verskeie plaaslike en internasionale komedieliefhebbers die bekende Kalaba op die eerste vloer van die Hilton-hotel om plaaslike komediante se nuutste sketse te beleef.
Die vorige weergawe van hierdie lag-tot-jy-rol geleentheid het onder meer Janice Tobias, Courage Gondo en Sibongile Tshabalala op die planke gehad en die gehoor het geskater.
Jy kan jouself vir nóg ‘n aand van komedie regmaak, wanneer Nam Comedy Circle op Woensdag 31 Oktober hul vierde weergawe van dié geleentheid onder die tema “Funny Holloween” aanbied.
Die eerste grapjas aan die beurt is Chiro Musiyandaka, wat in 2013 ook die titel van Last Comic Standing verower het.
Hy is oorspronklik van Harare, Botswana, maar woon al sedert 2000 in Namibië.
Hy besit 'n videoproduksiemaatskappy wat vir die Startimes TV-reeks Afro Bites verantwoordelik is.
Komedie-kollega en voormalige vennoot van die C-Square-komedieprojek, Courage Gondo, het Chiro aangemoedig om in 2013 weer na komedie terug te keer.
Chiro het onlangs laat uitlek hy gaan gehore met sy stories van ‘n swartman se idee van ‘n Halloween-horror vermaak.
Ná Musiyandaka is die medestigter van die Free Your Mind stand-up komedie, wat in 2008 die lig gesien het, aan die beurt.
Slick het ‘n drama-agtergrond en dit is duidelik te sien wanneer hy op die verhoog is. Sy vertonings is altyd intens, energiek, uitgesproke en in sy eie woorde “baie ernstig”.
“Slick the Dick”, ‘n bynaam wat hy in die vroeë dae van Free Your Mind gekry het, is ‘n sentrale figuur in Namibiese komediekringe en baie jong, opkomende komediante bewonder hom en wens hulle kan eendag so suksesvol soos hy wees.
Big Mitch gaan die aand se verrigtinge op ‘n hoë noot aflsuit. Hy het verskeie toekennings op sy kerfstok.
Onder meer die Free Your Mind Last Comic Standing 2016, Simply Youth Magazine Namibian Comic of the Year en Red Bull Namibia Comic Awards 2017 Favourite Comic of the Year.
Hy is ook tans ‘n TV-aanbieder, radio-omroeper en draaiboekskrywer.
Mitch het in die Damara-lokasie naby die gevreesde “Groot Winkels”-winkelsentrum in Katutura grootgeword.
Namibiërs kan met sy vele stories vereenselwig omdat sy humor op voetsoolvlak is. Sy mees onlangste toer, Mitch the Bitch (April 2018), was ‘n reusesukses.
NAM Comedy Circle is ‘n kuiergeleentheid eerder as ‘n vertoning. Gehoorlede word deel van die vertoning al wil hulle soms nie.
“As jy nie kans sien daarvoor nie, moet jy verkieslik nie jou plek in die eerste ry inneem nie,” sê Sibongile Tshabalala.
Teen 19:30 moet jy reg wees.
Die show begin om 20:00 en toegang is gratis.
Vir meer inligting, skakel Ernst Herma by 081 122 3709.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie