Wie hou 'n oog hier?

". . . wag om te gebeur . . ."
Mandy Rittmann
JAMES SKRYF:

So 40 km suid van Mariental op pad Keetmanshoop toe, daar waar deesdae orals langs die nasionale pad informele nedersettings opskiet, lê mense blykbaar vir hulself water aan deesdae?

Gewone PVA-pype loop van die waterpyplyn wes van die pad, onderdeur die “culverts” na die huisies anderkant die pad. So lek dit, so gaan die pype bars in die winter en stukkend brand in die somer, so maak mense wat hulle wil.

Waar is Waterwese, Roads Authority, die verkeersdepartment, almal tog mense wat die pad gereeld moet ry in die uitvoering van hul pligte? Sien hulle nie? Gee hulle nie om nie?

Nou bo en behalwe dit, die drade (langs die gordel) omtrent die hele stuk deur Berseba tot anderkant Tses bestaan byna nie meer nie, as gevolg van die gemeenskap. Langs die pad loop daar vee, die vee beweeg nou vrylik oor die pad, weereens waar is RA? Hulle moet tog die paaie onderhou?

Die Mainliner, vele ander busse en voertuie beweeg in die nag op daardie stuk pad. Dit is ’n ongeluk wat wag om te gebeur...

Nou dat daar water is onder party ”culverts” soveel te meer nog. Ek merk straatligte ook by party van die “nedersettings”, so NamPower het dit seker tog gedoen. Wie betaal die maandelikse verbruik wonder ek?

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!