Wie is Delta?
Wie is Delta?

Wie is Delta?

Navorsers in Brittanje het bevind die mees algemene simptome vir die Delta-variant is soortgelyk aan wat mense tydens ’n slegte verkoue ervaar.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die hoogs aansteeklike Delta-variant wat in weefselmonsters van bevestigde Covid-19-gevalle in die Khomasstreek gevind is, is in Mei as ’n “kommerwekkende variant” deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) verklaar.

’n Variant kry dié status wanneer daar toenemende bewyse is dat dit meer oordraagbaar is, meer ernstige siekte veroorsaak of die doeltreffendheid van entstowwe of behandelings verlaag.

Volgens navorsing is Delta, amptelik bekend as B.1.617.2, tot op hede die mees aansteeklike van die bekende variante, insluitend die Alpha-variant wat eerste in Brittanje voorgekom het.

Epidemioloë bepaal onder meer die oordraagbaarheid van ’n nuwe variant deur wat bekend staan as die “sekondêre aanvalkoers” te ondersoek. Dit behels die naspoor van die noue kontakte van mense wat met verskillende weergawes van die virus besmet is en om dan te kyk hoeveel ander het positief getoets.

Volgens ’n studie wat in The Lancet verskyn het, het navorsers bevind die risiko vir hospitalisasie het met die Delta-variant verdubbel.

Navorsers in Brittanje het bevind die mees algemene simptome vir dié variant is nou kopseer, seer keel, loopneus en koors, soortgelyk aan wat mense tydens ’n slegte verkoue ervaar.

Volgens die WHO is die variant nou reeds in meer as 95 lande waar gevalle van Covid-19 gestyg het.

Met verwysing na die doeltreffendheid van entstowwe teen Delta stem die meeste wetenskaplikes wat die ondersoek gedoen het saam dat mense wat ten volle ingeënt is, se risiko vir ernstige siekte, hospitalisasie of sterfte is laag.

’n Ontleding deur Public Health England het bevind twee dosisse AstraZeneca wat in Namibië saam met Sinopharm gebruik word, was 92% doeltreffend. ’n Vorige ontleding het bevind ’n enkele dosis van ’n entstof teen Covid-19, is minder doeltreffend teen simptomatiese siekte. In gevalle waar ’n persoon wat ten volle ingeënt is met die Delta-variant geïnfekteer word, was dit meestal matige simptome.

Die variant is aanvanklik in Indië in Desember 2020 geïdentifiseer. Wetenskaplikes is dit eens dat dit vinniger en gouer versprei as ander variante en dit bind sterker aan reseptore van longselle.

Dit mag ook ’n effense voordeel hê in die infektering en verspreiding tussen mense wat vroeër in die pandemie Covid gehad het of wat swak of onvolledige entstof-immuniteit het. Wetenskaplikes maan bestaande entstowwe is doeltreffend teen Delta, maar slegs wanneer mense ten volle ingeënt is.
– Bronne: medicalnewstoday, nbc-news, WHO, CDC.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!