Wie sal dan tot ons redding kom?
ANONIEM SKRYF
VIA WHATSAPP:
Ek het 2 probleme: Eerstens, hoekom vat dit 3 maande om 'n lening te kry as jy diere (bees, bok, skaap) wil koop? Ons het deur 'n moeilike tyd gegaan; die droogte het ons beroof van ons diere, veral bees.
Watter bank sal vir ons tegemoetkomend wees, wat na ons sal luister om ons te help?
Ek sit alreeds op Moedverloor se vlakte.
Die reën het gekom, die veld lyk mooi, die gras staan hoog, maar waar is die diere? My trane loop as ek moet dink aan die groot verlies wat ek as gevolg van die droogte gely het. En dit lyk of ons boere nêrens gehelp sal en wil word om 'n nuwe lewe te begin nie.
Tweedens: Ek is 'n pensioenaris wat oor die N$5 000 betaal het vir 'n dokter en nou moet ek maande en maande wag voor die eis uitbetaal word. Vir wat moet dit so lank vat?
Dit is 'n groot kopseer want rekeninge raak agter en jou kredietwaardigheid loop 'n gevaar. Ek wil weet is die papierwerk dan so groot om 'n eis in 'n korter tyd uit te betaal?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie