Wiel van geregtigheid draai stadig vir Teko-trio
Verhoordatums is gister aan die drie beskuldigdes toegewys wat tereg staan op verskeie klagte in verband met die aankoop van X-straal-skandeerders vir die ministerie van finansies.
Jacqueline Louw
Regter Christie Liebenberg, die nuutaangestelde regter in die verhoor van me. Teckla Lameck en mnre. Kongo Makaxwa en Yang Fan, het gister verhoordatums vir die drie se strafverhoor verskaf wat opnuut in die hoërhof in Windhoek gaan begin.
Die hooggeregshof het in Junie vanjaar 'n appèl in die guns van dié drie toegestaan vir die onttrekking van regter Maphios Cheda aan hul verhoor. Dié omstrede verhoor, wat in 2009 begin het en waarin die staat reeds die getuienis van 20 getuies gelei het, sal volgende jaar op 14 Mei opnuut voor regter Liebenberg begin. Die saak sal van 14 tot 28 Mei aangehoor word en weer van 4 tot 22 Junie.
Regter Liebenberg het gister sy spyt daaroor uitgespreek dat die eerste beskikbare datums vir die verhoor eers in die tweede kwartaal van volgende jaar is. Intussen is die drie se borgtog tot daardie datum verleng.
Die verhoor van die drie beskuldigdes het nog nie gevorder sedert die appèl na die hooggeregshof, teen regter Cheda se weiering om homself te verskoon, in 2015 gedoen is nie.
Lameck, Mokaxwa en Yang staan tereg op verskeie klagte wat insluit 'n gesamentlike klag van bedrog, alternatiewelik diefstal, en dat hulle die bepalings van die immigrasiebeheerwet, die wet op voorkoming van georganiseerde misdaad, die teenkorrupsiewet, die wet op beslote korporasies en die wet op belasting op toegevoegde waarde oortree het. Hulle het aan die begin van hul verhoor onskuldig op al die klagte teen hulle gepleit.
Die klagte van bedrog teen die trio spruit uit 'n transaksie waarin die ministerie van finansies X-straal-skandeerders ter waarde van US$55,3 miljoen vir lughawens en grensposte van 'n Chinese maatskappy, Nuctech (verteenwoordig deur Yang) aangekoop het. Dit het vroeg in 2009 plaasgevind.
Die staat beweer die prys van die skandeerder is verhoog om 'n “kommissie” van nagenoeg US$12,8 aan Teko Trading BK te betaal, 'n beslote korporasie wat aan Lameck en Mokaxwa behoort.
Lameck en Mokaxwa word ook daarvan beskuldig dat hulle die maatskappy Namib Contract Haulage, waar beide Mokaxwa en Lameck in diens was, bedrieg het deur die prys van vragmotors en busse wat van China af ingevoer is, te verhoog. Dié transaksie is in 2007 beklink.
Die staat voer verder aan dat Lameck nie toestemming van die president gehad het om ander besoldigde werk te doen terwyl sy 'n kommissaris van die Openbare Dienskommissie was nie, en dat sy haarself skuldig gemaak het aan die oortreding van die teenkorrupsiewet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie