Wiese dankbaar vir Duane se ondersteuning
Rugby
Michael Green – Jasper Wiese, wat Saterdag in Gqberha as speler van die wedstryd in die Rugbykampioenskap-toets teen die Argentynse Poemas aangewys is, dink nie enigeen kan gou Duane Vermeulen se stewels volstaan nie.
Die 25-jarige Wiese het sy debuut ’n paar weke gelede teen die Britse en Ierse Leeus gemaak. Met Vermeulen uit met ’n besering, is eers Kwagga Smith en toe Wiese op agtsteman gebruik.
In die oorwinning met 32-12 teen die Poemas het Wiese met al hoe meer selfvertroue begin speel. Hy het die bal sterk gedra en op die verdediging sy deel met mening bygedra.
“Daar is net een Duane. Dis groot stewels om te probeer volstaan en ek dink nie enigiemand kan dit sommer doen nie,” sê die beskeie Wiese.
“Noudat Duane ook terug in die groep is, is dit fantasties hoe hy almal probeer help. Ek respekteer hom daarvoor.”
Wiese sê dis spelers soos Vermeulen wat dit van die veld af vir hom makliker gemaak het om by die Bok-span in te skakel.
“ ’n Mens kom hier aan en jy het so half sterre in jou oë, want jou hele lewe kyk jy op na die Springbokke. Dis bitter spesiaal om hier te wees,” sê hy.
“Dis als goed en wel as jy uitgesonder word dat jy ’n goeie wedstryd gespeel het, maar jy sou dit nie sonder die spelers rondom jou kon doen nie.”
Wiese sê die spelers rondom hom gee hom “enorme selfvertroue”.
“Vir my kom die span eerste. Jy moet jou rol in die span ken. Die ergste ding wat jy kan doen, is om jou eie belange eerste te stel,” sê hy.
Vermeulen het hom verlede week weer by die Springbokke aangesluit en dis nie onmoontlik dat hy in die volgende toets teen die Poemas in aksie kan wees nie.
Met die kaptein, Siya Kolisi, wat dalk dié keer kan uitsit, kan Vermeulen selfs as kaptein ingespan word.
SA STEEK SLEG AF TEEN ALL BLACKS – ERROL
Errol Tobias, gewese Springbok-losskakel, sê die toets Saterdag tussen die Bokke en Argentyne in Port Elizabeth steek sleg af as dit met die Bledisloebeker-toets tussen Nieu-Seeland en Australië vergelyk word.
“As jy vanoggend (Saterdagoggend) se toets gekyk het en dan hierdie een, gaan jy ’n hele paar spoke sien,” sê Tobias.
“Daardie toets was een vir die fynproewer. As jy die 11 drieë vat wat daai manne gedruk het en jy vergelyk dit met die toets van vanaand, gaan dit nie baie goed af nie.”
Die kombinasies tussen die All Blacks se senters en skakelpaar en agterste driehoek is skitterend, maar by ons is dit asof die spelers nie bewus was van mekaar se sterk- en swakpunte nie.
Hy sê die Bokke se balans is versteur deur die baie veranderinge wat aangebring is. “Jy moet sorg dat wanneer jy soveel veranderinge aanbring, jy nie die ruggraat van die span versteur nie. Dit het die ritme belemmer.
“Die kombinasies tussen die All Blacks se senters en skakelpaar en agterste driehoek is skitterend, maar by ons is dit asof die spelers nie bewus was van mekaar se sterk- en swakpunte nie.
“Daar is baie veranderinge gemaak, maar ons moet sorg dat ons ’n sterk ruggraat hou, terwyl jy vernuwing inbring.”
Tog het ’n paar spelers hom beïndruk.
“Cobus Reinach het ontsaglike talent wat ontgin moet word. Hy het die regte nr. 10 nodig, dan sal hy ’n groot speler word.
“Joseph Dweba het ook baie talent; daar moet omsigtig met hom gewerk word. Hy kan ’n speler wees vir wie jy kans gee in die laaste 15 minute om hom sodoende onskadelik in te faseer.
“Aphelele Fassi blom van talent. Hy benodig die regte senterpaar wat vir hom spasie kan skep, en ’n losskakel wat met spoed op die bal kan werk. Dis ’n leemte.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie