Wiese-groep moet dié maand R300 m. vir taks hoes
Nellie Brand-Jonker - Die nywerheidsgroep Invicta moet voor die einde van die maand reeds R300 miljoen se bykomende belasting aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) betaal.
Dit kom nadat die groep, waarin die magnaat Christo Wiese die grootste aandeelhouer is, einde September aangekondig het hy het met die SAID geskik om R750 miljoen bykomende belasting oor die volgende vier jaar te betaal.
Die geskil spruit na wat berig word uit ’n bemagtigingskema wat in 2007 opgerig is en transaksies voortspruitend daaruit.
Die direksie sê hy glo steeds hy het aan alle belastingvereistes voldoen. “Maar die direksie is ook van mening dat voortgesette onsekerheid die groep benadeel en ons vermoë belemmer om aandele te gebruik om uitbreiding te finansier.
“Daarom is ’n pragmatiese oplossing, wat sekerheid verskaf, verkieslik bo die potensieel uitgerekte en duur regsgedinge wat ook wesenlike tyd van die bestuur in beslag gaan neem en ’n geleentheidskoste vir die groep gaan wees.”
Die mark het inderdaad van die nuus gehou en die dag nadat Invicta die skikking aangekondig het, het sy aandeelprys met byna 11% opgeskiet.
Invicta, wat onderdele en toerusting aan die landbou-, konstruksie-, motor- en mynbedryf verskaf, het in sy boekjaar tot Maart 2017 vir die eerste keer bykomende voorsiening vir hierdie belasting gemaak, naamlik R150 miljoen.
In die afgelope boekjaar, tot Maart 2018, het hy voorsiening vir nog R400 miljoen gemaak – tot dusver dus R550 miljoen. Hy gaan nou vir nog R200 miljoen se ekstra belasting voorsiening maak in die huidige boekjaar, lui 'n verklaring.
SKIKKING
Die skikking met die SAID behels dat:
· Invicta R300 miljoen binne 30 dae moet betaal, dus voor 27 Oktober.
· Daarna is R100 miljoen per jaar oor die volgende drie jaar betaalbaar.
· R150 miljoen moet voor of op 27 Oktober 2022 betaal word wat die vierde verjaarsdag van die eerste betaling is.
· Rente word gehef op al die uitstaande bedrae tot die dag van betaling kragtens die Wet op Inkomstebelasting.
In ’n meegaande handelsoorsig sê Invicta die impak van die skikking en die bykomende voorsiening gaan daartoe lei dat sy wins toeskryfbaar aan gewone aandeelhouers in die halfjaar tot einde September 77% (R200 miljoen) laer gaan wees as in die ooreenstemmende tydperk.
Dié resultate word middel November uitgereik. Nog ’n handelsoorsig sal nader aan die tyd uitgereik word indien nodig.
Sy jaarstate toon hoe die bemagtigingstransaksie in 2007 sy belastingkoers van 30% tot 14,9% verlaag het. Dit het daarna rondom 17% gebly. Die belastingkoers vir maatskappye in Suid-Afrika is 28%. In 2016 was sy belastingkoers 17,2%. In 2017, toe daar vir die eerste keer vir bykomende belasting voorsiening gemaak is, het sy belastingkoers tot 35,9% opgespring. Ná die voorsiening vanjaar beloop sy effektiewe belastingkoers 70,5%.
Netwerk24 het vandeesweek berig Invicta is ook weer in die moeilikheid by die JSE.
Sy aandeelprys het 8,5% Dinsdag gedaal na die aankondig en het Woensdag weer 7,3% gestyg.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie