Wiese reg vir nuwe PSL-seisoen
Krieket
Andrew Poolman – Namibië se enigste verteenwoordiger in die Pakistan Superliga is terug om in sy tweede seisoen vir die Lahore Qalandars sy merk te maak.
David Wiese is een van die veelsydige spelers vir die sterbelaaide Qalanders, wat verlede seisoen vyf uit tien wedstryde in dié uiters kompeterende professionele T20-liga gewen het.
Die Qalanders was een van vier spanne wat met ewe veel ligapunte geëindig het en op grond van netto kolftempo is hulle vyfde geplaas.
Die vernuftige draaibouler Rashid Khan van Afghanistan is ’n sleutelfiguur en een van die mees vaardige T20-spelers in die bedryf.
Shaheen Shah Afridi is die afgelope week as die Internasionale Krieketraad se beste manspeler vir 2021 aangewys. Hy en sy Pakistan-spanmaat Haris Rauf is deel van ’n snelboulaanval aan wie enige T20-krieketspan graag agt boulbeurte sal wil toeken.
Afridi, een van die Superliga se topdrie paaltjienemers verlede jaar, neem nou die Qalandars se kapteinskap oor.
Wiese is een van die ander naatbouler-opsies vir die Qalanders.
Die 36-jarige voormalige Proteas-speler het sy debuut vir Namibië tydens die 2021 T20 Wêreldbeker in die Emirate gemaak.
Met twee vertonings as speler van die wedstryd in dié toernooi en onoorwonne kolfbeurte om oorwinnings teen Nederland en Ierland te help verseker, het hy sy reeds betekenisvolle aansien in die krieketwêreld verder uitgebrei.
Sy gewildheid op sosiale media (tans 79 000 volgers op Twitter, 199 000 op Instagram en 428 000 op sy Facebook-blad) plaas hom as waarskynlik een van die mees prominente en invloedryke figure in Namibiese sport.
DIE QALANDARS se gekontrakteerde spelersgroep: Shaheen Shah Afridi, Rashid Khan, David Wiese, Haris Rauf, Mohammad Hafeez, Sohail Akhtar, Zeeshan Ashraf, Ahmed Daniyal, Fakhar Zaman, Phil Salt (Ben Dunk is ’n gedeeltelike plaasvervanger), Harry Brook (Matty Potts is ’n gedeeltelike plaasvervanger), Abdullah Shafique, Kamran Ghulam, Dean Foxcroft, Zaman Khan, Maaz Khan, Samit Patel, Syed Faridoun, Mohammad Imran Randhawa, Akif Javed.
DIE QALANDARS se wedstrydprogram:
29 Januarie – tn Multan Sultans in Karachi
30 Januarie – tn Karachi Kings in Karachi
2 Februarie – tn Peshawar Zalmi in Karachi
5 Februarie – tn Islamabad United in Karachi
7 Februarie – tn Quetta Gladiators in Karachi
9 Februarie – tn Multan Sultans in Lahore
13 Februarie – tn Quetta Gladiators in Lahore
18 Februarie – tn Karachi Kings in Lahore
19 Februarie – tn Islamabad United in Lahore
21 Februarie – tn Peshawar Zalmi in Lahore
MOONTLIKE BEGIN-XI: Fakhar Zaman, Phil Salt, Mohammad Hafeez, Abdullah Shafique, Sohail Akhtar, David Wiese, Samit Patel, Rashid Khan, Haris Rauf, Shaheen Shah Afridi, Ahmed Daniyal.
– Bygewerk van thecricketer.com
FOTO Getty Images
Haris Rauf van Pakistan en David Wiese van Namibië groet mekaar ná hul T20 Wêreldbekerwedstryd in November.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie