Wiese se rykdom 'helfte kleiner'
Hy het klaarblyklik van die mees ervare direksies in Suid-Afrika vir lank om die bos gelei.
Dr. Christo Wiese het baie probleme, maar kapitaalwinsbelasting is nie een daarvan nie.
Hy het Vrydag ’n massiewe verlies gerealiseer toe banke hom gedwing het om 98,4 miljoen van sy aandele in Steinhoff teen 0,4935 eurosent (R7,60) elk te verkoop.
Hoewel dit nie bekend is wat sy basiskoste vir dié aandele was nie, het hy luidens JSE-gegewens verlede jaar nog 150 000 aandele teen R74,50 elk gekoop.
In ’n markverklaring is verduidelik dat Wiese die aandele onder dwang verkoop het omdat banke hul sekuriteitsregte afgedwing het.
Wiese het ’n groot deel van sy rykdom in Steinhoff belê. Hy het sy PSG-aandele vir Steinhoff-aandele verruil en daarna Pepkor verkoop in ruil vir nóg Steinhoff-aandele.
Ontleders reken Wiese se rykdom het in die afgelope twee weke gehalveer.
Hy het Donderdag bedank as voorsitter van Steinhoff sodat daar nie enige botsende belange kan wees nie.
Wiese loop deur onder kwaai kritiek omdat een van die mees ervare direksies in Suid-Afrika klaarblyklik vir so lank om die bos gelei is.
Wiese het nie op navrae gereageer nie, maar sy jarelange sakekennis Whitey Basson het aan Rapport gesê hulle het saam gaan eet en Wiese is “orraait”.
“Hy is goed in beheer van alles wat om hom aangaan. Ek dink hy is op ’n goeie plek met homself.”
Basson sê niemand weet tans wat by Steinhoff gebeur nie. Wat wel duidelik is, is dat die groot aandeelhouers en direksielede in die pyn van gewone aandeelhouers begin deel.
Nog ’n direkteur, Daniel van der Merwe, is ook gedwing om sy aandele te verkoop.
Steinhoff het Vrydagaand aangekondig Van der Merwe moes 1,6 miljoen aandele teen R9,38 elk verkoop. Steinhoff het bevestig dat Van der Merwe as ’n direksielid sal aanbly.
Die internasionale kleinhandelgroep, wat in Suid-Afrika winkels soos Pep, HiFi Corporation en Ackermans besit, skarrel om geld in die hande te kry.
Steinhoff het Vrydag aangekondig dat hy sowat 20,6 miljoen van sy aandele in PSG verkoop teen R230 elk. Dit verklein Steinhoff se belang in PSG van sowat 25,5% tot 16%. Die opbrengs is sowat R4,7 miljard, wat gebruik gaan word vir bedryfsaktiwiteite.
Dié aankondiging volg nadat Steinhoff bevestig het hy gaan ook sy 2016- finansiële state moet aanpas nadat rekenkundige ongerymdhede ontdek is. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie