• Tuisblad
  • Sake
  • Wiese twyfel of Steinhoff as naam gered kan word
Wiese twyfel of Steinhoff as naam gered kan word
Wiese twyfel of Steinhoff as naam gered kan word

Wiese twyfel of Steinhoff as naam gered kan word

Dié handelsmerk is toksies, meen die uitvoerende hoof van ’n batebestuursmaatskappy.
Hanlie Stadler – Steinhoff as maatskappy of sy filiale kan straks die storm oorleef, maar kenners is skepties of die naam sal bly voortbestaan.

“Nee wat, ek dink daar is geen kans dat die Steinhoff-handelsmerk gered kan word nie,” het Christo Wiese, voormalige voorsitter van Steinhoff se direksie, Woensdag in die tweede deel van Via se dokumentêre program oor die Steinhoff-sage gesê.

Wiese sê die feit dat Steinhoff Africa Retail (Star) sy naam onlangs terug verander het in Pepkor – verreweg die grootste filiaal in die groep – wys dat die naam Steinhoff sy waarde verloor het.

“Die Steinhoff-handelsmerk is toksies. Dit word met bedrog verbind, en jy herstel nie van bedrog nie,” meen Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van die batebestuursmaatskappy Sygnia.

Die program word weer Sondag 16 September om 18:00 uitgesaai. Dit sal ook volgende week op Netwerk24 gelaai word, waar lesers reeds die eerste deel kan sien.

Rob Rose, redakteur van Financial Mail, sê Steinhoff sal kan oorleef, mits alles nou reg verloop. Dit sluit onder meer in dat banke bereid sal moet wees om oor Steinhoff se skuld te onderhandel, byvoorbeeld deur hul skuld vir aandele te verruil.

Rose sê die beste moontlike uitkoms uit die forensiese ondersoek is as bevind word die bedrog, of ten minste die “rekenkundige onreëlmatighede”, is net tot ’n sekere groep maatskappye beperk “en het nie alles besoedel nie”.

“As iemand vir my ’n jaar gelede sou gesê het dat iets soos Steinhoff moontlik is, ten opsigte van die bewerings, dan sou ek gedink het daai persoon rook iets,” sê Wiese. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!