Wiese wil grootste aandeelhouer in Shoprite bly
Shoprite het ’n omsigtigheidsverklaring uitgereik waarin aangekondig is aandele gaan dalk teruggekoop word.
Nellie Brand-Jonker – Die beherende belang wat Christo Wiese, voorsitter van die Shoprite-groep, met spesiale stemreg in die groep hou, kan binnekort verander.
Shoprite het Dinsdag ’n omsigtigheidsverklaring uitgereik waarin aangekondig is aandele wat net stemreg hou wat deur ’n maatskappy van Wiese besit word, gaan dalk teruggekoop word.
Shoprite het twee soorte aandele: gewone aandele en uitgestelde aandele. Uitgestelde aandele verskil van gewone aandele deurdat dit geen dividend kry nie en net stemreg hou. Die uitgestelde aandele hou tans 32,3% se stemreg.
Al die uitgestelde aandele van die groep word deur Thibault Square Financial Services gehou. Dis ’n volfiliaal van Titan Premier Investments, wat op sy beurt ten volle deur die Christo Wiese-familietrust besit word, waarvan Wiese en sy onmiddellike familie begunstigdes is.
Wiese hou ook gewone aandele wat ’n ekonomiese belang in die uitgereikte aandele van amper 14% beloop en waarop sy stemreg omtrent 9% beloop. Saam met die uitgestelde aandele hou hy sowat 42,8% se stemreg.
Hy het by navraag gesê hy kan nie kommentaar lewer nie omdat die gesprekke vertroulik is.
“Waarop jy my wel kan aanhaal, is dat Titan al vir meer as 40 jaar die grootste aandeelhouer in Shoprite is en die grootste aandeelhouer gaan bly. Titan beskou Shoprite as ’n absolute kernbelegging en is ’n langtermynbelegger in Shoprite.”
Hy het die beherende aandeelhouer met spesiale stemreg geword toe Pepkor ontknoop is in drie maatskappye: Pepkor, Tradehold en Shoprite. Voor dié stap het die Pepkor-groep ’n beheerstruktuur gehad met aandele wat ’n hoër stemreg gedra het en die spesiale stemreg is na die maatskappye oorgedra.
Die Shoprite-groep sê in die omsigtigheidsverklaring hy het met “eksklusiewe gesprekke” met Thibault en sy aandeelhouers begin vir die “verkryging of aflossing en kansellasie van die uitgestelde aandele”.
Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof van Shoprite, het op ’n aanbieding oor die winkelgroep se halfjaarsyfers aan beleggers gesê hulle het die afgelope twee jaar nouer met aandeelhouers gekommunikeer en dit is een van drie dinge wat sommige aandeelhouers wou hê verander moes word.
Hy het gesê die aandeelhouers voer aan internasionaal word nie meer sulke soort aandele in maatskappye gesien nie en dit word nie meer as beste praktyk beskou nie.
Volgens hom is ’n omsigtigheidsverklaring uitgereik die oomblik toe met Wiese in gesprek getree is.
Dit is egter ’n besluit wat uiteindelik deur aandeelhouers goedgekeur moet word. Na gelang van wat die voorstel is wat voorgelê gaan word, sal óf 75% óf 50% van aandeelhouers ten gunste daarvan moet stem.
Aandeelhouers het gunstig op die nuus gereageer en Shoprite-groep se aandeelprys het in ’n stadium met amper 5% gestyg. Baie internasionale beleggers mag nie in maatskappye met sulke aandeelstrukture belê nie.
Die Ackerman-familie, wat Pick n Pay deur ’n sogenaamde piramide-aandeelstruktuur beheer het, het ook in 2016 die dekade oue beheerstruktuur afgebreek.
Jean Pierre Verster, ’n portefeuljebestuur van Fairtree Capital, meen dit gaan meebring dat Wiese se stemreg gaan verminder van die negatiewe beheer wat hy tans in wese uitoefen omdat hy spesiale resolusies kan keer.
“Dit kan verwater na ’n stemreg-persentasie in ooreenstemming met sy ekonomiese belang, wat minder as 25% is, en derhalwe kan ’n mens sê dit gaan ’n verlies aan beheer meebring omdat hy dan nie meer spesiale resolusies kan keer nie.”
Verster meen die aankondiging hou moontlik meer verband daarmee dat die “skrif aan die muur is vir die kunsmatige beheerstruktuur” gegewe die verkoopopsies wat Wiese verlede jaar op sy Shoprite-aandele uitgeneem het.
RMB en Absa het einde Junie verlede jaar aangekondig hulle het 17?miljoen Shoprite-aandele in die mark geplaas en verkoop. Die banke het die aandele verkoop nadat Wiese ’n transaksie met afgeleide instrumente op sy gewone aandele gedoen het. Die transaksie sal aan hom verskansing verleen indien Shoprite se aandeelprys val.
Wiese hou 82,2 miljoen gewone aandele vergeleke met 101,3?miljoen gewone aandele wat hy twee jaar gelede gehou het.
Hy het sedert Desember 2017 in verskeie transaksies sowat 19?miljoen aandele in Shoprite teen ongeveer R4,1?miljard verkoop.
Dit was nadat die bom by Steinhoff gebars het. Hy was Steinhoff se grootste aandeelhouer en voorsitter en het al sy aandele in dié maatskappy verloor.
Omdat Shoprite se akte van oprigting vereis elke keer as gewone aandele verkoop word, moet soveel uitgestelde aandele van hom teruggekoop word, het die groep sedert die begin van hierdie jaar sowat 40,6 miljoen uitgestelde aandele by hom teruggekoop.
Hy het in November nog 305,6 miljoen uitgestelde aandele besit en dit beloop nou 264,9 miljoen aandele.
Die Shoprite-groep hoop om voor einde Junie iets aan aandeelhouers voor te lê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie